Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

2013 gevaaalik.com Zeitgeist

2013 was ‘n groot jaar vir gevaaalik.com. Nie net het ons dit gemaak tot in ons derde jaar as ‘n online publication nie, maar gevaaalik.com het bewys dat nie alle Afrikaans sprekende mense in Suid-Afrika gebore is met hulle koppe in Beeld se holle nie. Ons het vir die SA Blog Awards gesê om hulle awards te druk waar die son nie skyn nie, saam met talle ander prominente SA Blogs wat omgee oor die industrie as ‘n geheel. Hoe sê Fokofpolisiekar nou weer: “As jy die waarheid praat gaan hulle jou wil dood maak.”

Daar is verseker ‘n verandering aan die gang en gevaaalik.com is besig om te bewys dat daar meer tot die Afrikaner volk is as wat daar voorkom bloot op die oog af.

Ons het baie mense laat lag, baie mense laat smile, baie mense die fok in gemaak, maar all in all was dit ‘n goeie jaar. Hoe sê Fokofpolisiekar nou weer? “As jy die waarheid praat gaan hulle jou wil dood maak.” Ons het nie ons goal bereik van genoeg geld maak dat ten minste een van ons voltyds kan begin werk aan gevaaalik.com nie, maar daar is altyd volgende jaar. Dankie dus aan die van julle wat die jaar saam met ons deur gegaan het. Dit was fun en sonder die lesers is ons niks.

Hoeveel mense lees gevaaalik.com?

*200 000 unique visitors en net net kort van 1000 000 pageviews in 2013. Die gemiddelde leser spandeur elke keer as hy gevaaalik.com besoek so net net onder drie minute op gevaaalik.com en kyk na tenminste twee of drie verskillende artikels op die site voor hy aanbeweeg na die volgende website.

2405 Followers op Twitter en 1521 Likes op Facebook. Sê wat jy wil van gevaaalik.com, maar niemand kan meer stry nie, ons het ‘n getroue en groot leser basis. Hel, ons het selfs 205 +1’s op Google+ en 1181 followers op Pinterest vir wat dit werd is.

Hoe lees jy gevaaalik.com?

  • 66% lees gevaaalik.com op ‘n desktop PC of ‘n Laptop
  • 27% lees gevaaalik.com op hulle mobile device. Dit is nou jou iPhone
  • 6% lees gevaaalik.com vanaf hulle tablet device. Dit is nou jou iPad, Google Nexus ens.
  • 1% het onder die radar deur gegly en ons kon nie uitmaak hoe jy gevaaalik.com lees nie.

Meeste van julle lees gevaaalik.com omdat julle verveeld is met julle werke en iets beter soek om te doen met jou tyd as jy op kantoor sit. Die gevaaalik.com lesers wissel in ouderdom van 18-40 en ons lesers is meestal mans.

Wat Google mense om op gevaaalik.com af te kom?

Nie almal wat op gevaaalik.com opeindig na ‘n Google search was opsoek na gevaaalik.com nie. Daar word ‘n paar vreemde goed gesearch op Google wat dan lei na gevaaalik.com. Hier is so paar van daardie terme.

Populerste artikels van 2013 op gevaaalik.com

Irene Nell

Irene Nell like gevaaalik.com en ons like haar ook

Hier was iets van alles; Gevaaalike Dames, Kommin Afrikaans pop videos en selfs opinion pieces oor die Afrikaner. Die ding wat hier die meeste uit staan is dat die Nelson Mandela stukkie nog nie eers ‘n maand oud is nie, maar tog is dit een van die artikels op gevaaalik.com wat die meeste gelees is die jaar.

Hoe kom mense na gevaaalik.com toe?

Het jy ‘n link op ‘n ander site gesien wat gelei het na gevaaalik.com? Ja jy het, want baie mense op die internet praat oor gevaaalik.com en deel ons artikels met hulle vriende en familie.

  •  38% kom direk na die site toe deur gevaaalik.com in hul browser se address bar in te tik
  • 33% kom van Google af
  • 11% kom via Facebook
  • 6% kom via Pinterest
  • 5% kom via Twitter
  • Die laaste 7% kom van fok weet waar af. Eintlik weet ons presies waar maar daar is te veel verskillende plekke om te mention hier

Onnit Steel Clubs

*Die statistieke is vir obvious redes nie presies hoeveel traffic ons kry nie. As jy wil adverteer op gevaaalik.com en die volledige statistieke wil sien kan jy ons kontak hier.

You may also like...

1 Response

  1. December 27, 2013

    […] bymekaar gemaak vir die laaste Vrydag Bederf  van 2013. Dit voel asof ons iets moet vier; 'n goeie jaar vir gevaaalik.com dalk? Ons vier dit sommer met so paar risky foto's. Ja, die week is daar nipples in die Vrydag […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *