Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

S&M 2 – Metallica en The San Francisco Symphony

Ek sit net nou die dag vir wie het ek my S&M DVD geleen, en toe vergeet om dit terug te kry. Ek dink toe aan die hoeveelheid kere wat ek daardie DVD gekyk het. Oor, en oor, en oor, en oor en elke keer was dit vir my awesome. ‘n Clash van klassieke musiek en metal. My pa het altyd oor Metallica gesê: “Ek wed jou hulle kan dit nie so laat klink in die regte lewe nie.”

S&M was die heeltemal ander kant van die skaal van die ander Metallica DVD wat my pa gesien het oor ek dit oor en oor en oor gekyk het. En jy gaan dink ek is mal, maar ek praat van die DVD wat saam met my St. Anger album gekom het. Dus het my pa werklik die twee extremes van Metallica gesien: Metallica op sy mooiste, en Metallica op sy garage band vuilste. S&M het baie mense ‘n ander perspektief gegee op Metallica en klassieke musiek.

S&M 2

Metallica en die San Francisco Symphony het weer saamgespan vir live optredes, en nou gaan daar ook ‘n “kyk by die huis” video weergawe wees van die film van die live show. Die special edition box set gaan beskikbaar wees op 28 Augustus 2020 en jy kan nou pre-order. Ek kan jou nie sê hoeveel dit gaan kos nie, want ek kan nie tans die Metallica page access nie. Miskien het die site ge-crash onder pre-order traffic?

As jy dus soos ek nie die film kon sien nie, en net so paar videos op YouTube al gekyk het (sommer hier onder vir jou) dan is die box set ‘n opsie. Ek soek dit. Baie, baie graag. In die weird tye kan ek doen met bietjie Metallica vir comfort. Good old faithful en solid Metallica. Hier is die trailer so besluit jy maar vir jouself.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *