Oppikoppi Bewilderbeast: Bewilder Donderdag – Ons is hier
Ek is Donderdag oggend so 08:15 uit my huis uit. My kar was gepak, my pad rokie was reg. Ek moes net eers vir Robbies gaan optel, die drank winkel slaan en dan iewers duct-tape gaan kry. Ons was 09:00 al op die highway oppad Brits toe want ons ry die ou pad wat nie altyd so goed lyk nie. Ongelukkig het die Reds quart en ander goed nie gemaak dat ons vreeslik haastig was nie. Dit is Oppikoppi en ek gaan nie myself laat jaag nie.
As a result van ons laid back approach tot alles het ons net voor 12:00 Donderdag middag by Oppikoppi Bewilderbeast aangekom. Ons was teleurgesteld want Windhoek het ons gewone kamp spot gesteel vir hulle “Klein Windhoek” hotel. Die Windhoek is toe nie so klein nie en dit het gesorg dat menigte Koppi gangers moes baie ver loop om in die musiek area te kom. Ek sou fine gewees het met die feit dat ons normale kamp plek gevat is as daar darem ‘n party was in die “Klein Windhoek” hotel, maar daar was meer mense in ons kamp meeste van die tyd as wat ek dink die hele naweek gekuier het in die hotel. Windhoek kan ons asb ons kamp plek terug kry? Ons kan praat oor volgende jaar, dan maak julle eerder ‘n biertent langs ons kamp.
Ons het toe maar ons plekker langs die kampvuur ingeneem en solank bietjie gerook en ‘n paar biere gedrink voor ons ons tente opgeslaan het. Derrick en Wehan het gelukkig vir ons ‘n lekker spot gekry nadat Windhoek ons plek anekseer het. Te veel biere later het ek besluit om my tent op te slaan. Ons het toe besluit om te braai en dan ons pad te maak na die stages, dit was tyd vir musiek.
Nadat ons gebraai het en ons “poeding” ook getand het, het ons in die rigting van die stages beweeg. Daardie ongemaklike gevoel wat ek kry aan die begin van elke Oppikoppi het my gegryp. Ek kry altyd so klein onsekerheid wat deur my sisteem beweeg as ek die eerste keer deur die bowels van Mordor beweeg. Dit mag dalk die oorvloed van substances in my sisteem wees, maar dit is asof my lyf weet wat kom oor die volgende 3-4 dae en my vel laat kriewel. Soos om opgewonde en senuweeagtig te wees op dieselfde tyd.
Ons is dadelik op na die Red Bull stage. Daar het ons vir die eerste keer begin hard party, die nuwe bar net bo die Red Bull stage was nou waar ons besluit het om te drink. Die view van daar bo is altyd ongelooflik, veral in die aand was dit iets om te sien. Ons het so paar drinks gedrink en toe af beweeg na die Wesley’s Dome stage vir Kidofdoom. Dit is hier voor die stage met Kidofdoom wat ek een geword het met Oppikoppi. My lyf het ontspan en ek het vrede gemaak met enige iets wat moontlik met my kan gebeur die naweek. Vir 3 dae gaan ek nie hoef te worry oor enige ding nie, ek kan net daar wees by Oppikoppi en myself geniet.
Ek het voor die stage op my rug gaan lê terwyl Kidofdoom speel en ek het vir ‘n oomblik probeer om alles in te neem. Hoe gaan ek die verduidelik met woorde, aan iemand wat dit nie beleef het nie? My oë was toe en ek was bly; bly om weer die bekende gevoel van Oppikoppi in my sintuie te hê. ‘n Hele paar songs later het ek my oë weer oopgemaak en ons het aangeskuif opsoek na drank. Oppad verby die Main stage het die tranquil looking area onder die doringbome met die gras en kleurvolle lanterens vir ons gelyk soos ‘n plek waar ons moet sit.
Dit is hier waar ek weereens beself het dat Oppikoppi nie meer is wat dit was nie. Daar was ‘n ou met net ‘n jockstrap aan wat besig was om ‘n meisie te verskree by een van die bome. Kyk, ek verstaan dat dames moeilik kan wees, maar as jy dronk is en staan met niks anders as ‘n jockstrap aan nie en skree op jou girl is jy most likely verkeerd en besig om ‘n doos te wees. ‘n Ander ou het toe die aan die ou se jockstrap kom trek en toe is die dronk-hel los. So twee vuishoue later het jockstrap op sy gat gesit, maar nie vir lank nie toe vlieg hy op en wil weer baklei. Ek het defnitief ‘n hoër vlak van agressie opgetel by Oppikoppi die jaar.
Ek moet seker noem dat saam met die agressie vlak het daar ook meer Johannesburger/Souties gekom wat rondloop in wessies of hemde sonder moue. Rustig nou, ek sê nie hulle is die wat die agressie veroorsaak nie. Wat ek wel sê is dat ‘n konstante dieëet van protein shakes, Monster en steroids nie maak dat jy ‘n aangename en ontspanne mens is nie. Oppikoppi gaan nogaltyd vir my oor maak net wat jy wil en jouself geniet solank jy nie ‘n doos is nie. As jy baklei is jy ‘n doos.
01:00 het ek en Dewald nog gestaan, die res van die mannes het gesit langs die vuur in die kamp en giggel soos meisiekinders uit Meisies Hoër wat ‘n tottie sien vir die eerste keer. Dewald en ek het besluit om Fokofpolsiekar te kyk. Soos altyd was Fokof se show awesome. Na dit het ons die pad terug aangepak na ons kamp waar ons verder gekuier het tot die laaste van ons stadig gaan uitpaas het in ons tente. Dit was al vroeg Vrydag en daar is nog baie Oppikoppi om te oorleef.
*As een van die foto’s hier bo joune is en jy wil nie laat ek dit gebruik nie, laat weet my en ek remove die free advertising vir jou.
Daai love hate music is Erin Crous se fotos