Wolfmother – Cosmic Egg

As Black Sabbath en Led Zeppelin ooit sou saamkom om ‘n wonderlike musikale baba te hê, sou jy die basterkind Wolfmother kry. Maar Wolfmother is nie die tipe basterkind wat jy soos Harry Potter onder die trappe sou wou wegsteek nie. Wolfmother is die ding wat jy met trots vir elke mens wat jy raakloop sou wys.

Dit is nou al ‘n jaar wat Wolfmother se tweede vollengte studio-album Cosmic Egg op die rakke is, en as jy mense wil beïndruk met jou musieksmaak is dit steeds een van die eerste albums wat jy met trots wys aan almal wat jy ontmoet.

Vanaf die eerste opening riff van die eerste track California Queen is dit duidelik dat hierdie nie net nog ‘n fly-by-night band gaan wees wat almal oor vyf jaar gaan vergeet nie. Die dromme van California Queen kom in onder die radar, maar skep duidelik die ruggraat van ‘n rock and roll track waarop enige musikant sou trots wees. Na twintig sekondes kom Andrew Stockdale se haunting maar tog perfekte vocals deur. Dit laat mens dink aan hoe Robert Plant en Ozzy Osbourne se stemme sou geklink het as hul stemme saamgesmelt het in een. Die lirieke klink asof dit ‘n storie is wat geskryf is na ‘n handvol acid tabs, afgesluk met ‘n DMT mengsel – en dit word die hele album volgehou.

Wolfmother sou perfek ingepas het in die laat sestigs en vroë sewentigs. Die beste rock en roll is old school, en hierdie nuwe-generasie band hou die old school naam hoog. Van die epic solo’s na die eenvoudige maar kragtige twee minuut-lange songs, tot die meer intricate journey 12 part songs skree almal old school rock.

Die snit In the Morning begin soos ‘n ballad, rustig en kalm. Dit gaan oor van ‘n ballad na ‘n vol rock en roll song met drum blasts en huilende elektriese guitar riffs. 10 000 Feet is die song wat volg en dit is die perfekte hardrock song met die heavy, tog eenvoudige riff. As die solo inkom kan jy nie anders nie as om jou kop te skud terwyl die song opbou na nog ‘n swaarder klank, wat golf na golf kom en net al hoe groter raak. Die opening van Cosmonaut klink soos ‘n direkte huldeblyk aan nog ‘n old school band: The Who. Far Away en Caroline is die engiste twee ballads op die albumm maar selfs die twee rustiger songs drip van die rock riffs.

Die hele album deur kry ek ‘n visie van Woodstock: hippies wat dans en joints wat in sirkels rondgestuur word. Mens kan nie anders as om weg te raak in die hipnotiserende klanke nie. Ian Peres speel solid baselines en is ‘n meester van keyboard by rock musiek sit sonder om dit te laat klink asof dit geforseer is. Aiden Nemeth op rhythm guitar en Dave Atkins op drums hou alles bymekaar en vorm ‘n steunpilaar vir elke song. Die vier Australiërs werk perfek saam.

Cosmic Egg is ‘n een van die albums wat oor 30 jaar steeds geluister sal word. Nie net deur ons generasie nie, maar ook die generasies na ons. Goeie musiek raak nooit oud nie, en die album is een wat enige fan van rock and roll moet hê. As jy ‘n fan is van bands soos Led Zeppelin, Black Sabbath, The Doors en The Who is hierdie album definitief vir jou.

You may also like...

3 Responses

  1. April 30, 2013

    […] Wolfmother is 'n awesome band uit Australia. As jy hulle nog nie ken nie hier is 'n baie goeie beskrywing van Wikipedia af: […]

  2. April 3, 2014

    […] jy gewonder het hoe dit klink, dit is uit en uit Wolfmother en as jy van Joker and the Thief of Cosmic Egg gehou het gaan jy van Wolfmother New Crown ook hou. Jy hoef nie eers te wag nie. Jy kan sommer nou […]

  3. May 29, 2014

    […] ons mag dalk die ouens in die volgende paar jaar in Suid-Afrika sien. Ek het 'n hele ruk terug 'n review van Wolfmother se Cosmic Egg album gedoen. Dit is 'n awesome album wat ek al sif geluister het en gister het ek dit weer ontdek […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *