Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

17Feb/120

Lamb of God – Resolution resensie

Slayer, Pantera, Devil Driver en Lamb of God. Nie almal se smaak nie, maar as jy eers die smaak ontwikkel is dit moeilik om nie net heeltyd nog te soek nie. Lamb of God se nuwe album, Resolution, stel nie teleur nie. As jy metal soek met ongelooflike guitar, belaglike goeie drums (met die vinnigste double bass wat nie soos kak klink nie) en vocals wat jou hoendervleis gaan gee, dan is Resolution 'n album wat jy vandag nog moet koop.

Van hulle eerste album af is Lamb of God een van die tightest metal bands. Die bridges, guitar, dromme en vocals is alles perfek afgerond. Hierdie strek deur tot by Resolution. Die lirieke van Resolution is net so sterk as wat dit op Ashes of the Wake of Sacrament was. Randy Blythe se stem het nog 'n level opgeskuif. As jy dink hy skree net, probeer bietjie om net saam te skree deur een van die songs dan kyk ons of jy 'n stem oor het aan die einde. Chris Adler se dromme is so solid soos ooit en Mark en Willie laat ongelooflike ingewikkelde guitar baie maklik klink.

Resolution is vol snitte wat jy oor en oor gaan wil luister. Daar is vier snitte wat vir my uitstaan: "Guilty", "Ghost Walking", "King Me" en "The Undertow". Dit is wel baie moeilik om snitte uit te sluit hier, alles is goed van begin tot einde.

Lamb of God bly een van my gunsteling bands. En ek is baie bly dat ek hulle op grond van die nuutste album in daardie groepie kan hou. Kry vir jou Resolution en speel dit so hard as wat jou ore kan vat. Hier is die video vir "Ghost Walking".

Soortgelyke gevaaalikhede:

Johnny Ramone: Outobiografie uit in April 2012
Muse Trailer vir nuwe album
Synergy Live bring The Prodigy

Posted by Ruan Stix Fourie

Tagged as: Leave a comment

2 comments on “Lamb of God – Resolution resensie

  1. Pingback: Lamb of God oppad SA toe in 2013 | Gevaaalik.com

  2. Pingback: Lamb of God - As the Palaces Burn Documentary Trailer | Gevaaalik.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers