Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wat maak jy vir Menseregtedag?

Genade maar die jaar vlieg. Kan julle glo ons is al reeds in Maart? Soveel dinge om te doen en so min tyd. Hey, darem party jy en sit nie op die bank en kyk hoe jou lewe by jou verby vlieg nie. Ek het onlangs (ses dae terug eintlik) besluit om weer op te hou rook en bietjie minder te suie. Die rook ding is nie so erg vir die gesondheid nie, mens moet dooi van iets. Dit was meer oor ‘n pakkie sigarette deesdae jou klap vir so R45 (veral as jy by daardie masjien in die bar koop). Dit is belaglik. Die minder drink ding gaan ook maar oor geld. Ek kan nie eers vir jou sê hoeveel dronk aande het nie al gelei tot nie net skade vir my lewer nie, maar ook my sak. Want ek verloor mos my goed as ek suip, veral fone. Mens moet ook nie kanse vat met drink en dan bestuur nie, dit eindig altyd in trane. Dus is cabs of taxis deesdae die opsie, en dit kos ook baie geld. Hier in Suid-Afrika vier ons Menseregtedag en daar is nooit te min opsies nie, so wees trots Suid-Afrikaans en vier Menseregtedag saam jou vriende.

Wat gaan jy maak op Menseregtedag?

  • Dit is jou reg as mense om te braai. Dit is ook nog lekker warm, so ‘n braai naby ‘n swembad is altyd lekker. Ek het wel al ‘n foon verloor as gevolg van swem met die foon in my sak, so wees versigtig.
  • Gaan kyk ‘n fliek. Ja, nie download ‘n fliek en kyk die dit terwyl jy op jou bank lê en poep ruik nie. Kom bietjie uit die huis uit, treat jouself miskien vir ‘n 3D Imax movie. As jy ‘n fan is van Neil Blomkamp stem ek voor jy gaan check Chappie uit.
  • Kry jou gat in die natuur. Gaan vir ‘n hike, gaan klim ‘n berg, gaan hou piekniek langs ‘n dam, maak nie saak wat jy besluit om te doen nie, maak net seker dit is in die buite. As jy in Pretoria is kan jy gerus na Rietvlei natuurreservaat gaan.

rock-star-king Dinge kan bietjie rof raak daar buite, dit is hoekom dit belangrik is om seker te maak jou goed is verseker. Jy kort versekering wat nie net goedkoop is nie, maar ook elke maand goedkoper raak, want dit beteken meer geld om cool goed te gaan doen. King Price het ook die King Cab diens, vir daardie kere wanneer jy eerder nie moet bestuur nie. Lekker, gaan kry sommer nou vir jou ‘n aanlyn versekering kwotasie, dit is die slim ding om te doen, en dit is verniet. King Price Logo Hierdie is ‘n sponsored post. Die goed hou ons aan die gang, en as jy die links hier bo click, dan help jy gevaaalik.com. Dankie.

You may also like...

1 Response

  1. March 18, 2015

    […] jy wil help om gevaaalik.com meer befok te maak, gaan na die post en click daar die links in die post. Of deel 'n gevaaalik.com post met jou vriende op Twitter of Facebook. Of laat weet ons wat jy dink […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *