Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Waar kuier jy online? By Random Gevaaalikhede?

Waar hang jy uit as jy op die internet is? Ek spandeer, glo dit of nie, meeste van my tyd op gevaaalik.com. Ek kyk deesdae meer YouTube as wat ek Netflix kyk, maar ek kyk nooit DSTV of enige SABC nie. Die probleem is dat almal op verskillende plekke op die internet kuier. Party is heeldag op Facebook, of Instagram. Party mense boer op Twitter, mors 280 karakters van hul lewe op ‘n slag. Ander stuur en ontvang heeldag grappies, memes en opgemaakde bangmaakstories met WhatsApp. Die nuwe twee waarvan ek nou begin leer is Facebook Messenger en Discord. Jy kan nou selfs via Discord of Facebook Messenger foto’s instuur vir die Random Gevaaalikhede.

Onthou jy die dae toe email nog DIE besigheid was? Hoe hou mens by teen die spoed wat dinge nou verander? Oor twee jaar is almal op Discord vir chat boodskappies en voice calls. In elk geval, jy kan my help leer deur my Discord te join. Of as jy old school is, soos ek, dan kan jy die gevaaalik Nuusbrief eerder kry een keer ‘n week.

Geniet die Random Gevaaalikhede.

Loading…

Koop vir jou ‘n gevaaalik hempie man. Dan ondersteun jy gevaaalik.com en jy kry ‘n befokte hemp!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *