Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Voëlboks geheime video en Random Gevaaalikhede

Almal praat daaroor. Op die internet is dit ooral. Net voor die einde van 2018 het dit selfs ‘n meme geword. Ek praat natuurlik van “Bird Box”. Dit is ‘n Netflix fliek en ek het niks geweet daarvan nie anders as dat Sandra Bullock daarin speel, sy is vir baie van die fliek geblindoek en Trent Reznor en Atticus Ross het die fliek se musical score gedoen.

Toe ek hoor Trent Reznor en Atticus Ross het die score van Bird Box gedoen, toe is ek in. “The Social Network”, “The Girl with the Dragon Tattoo” en “Gone Girl” is al drie soundtracks deur Reznor en Ross wat ek gereëld op repeat luister. Hulle het ‘n unieke klank en dit kan ‘n ongelooflike atmosfeer skep. Ek het vanoggend die trailer “Bird Box” gekyk en dit lyk belowend. Vanaand gaan ek bietjie fliek. Hier onder is die trailer vir “Bird Box” en meer belangrik kan jy onder die trailer die hele soundtrack van die fliek stream via Spotify.

Geniet die Random Gevaaalikhede en die geheime video.

Julle het Dinsdag wat verby is die 29 keer die ads soos die wat jy hier onder sien geklik. Julle het ‘n nuwe hoogste rekord opgestel. Nou mik ons vir 30 klikke. Dit help om die R3000+ hosting van gevaaalik.com te betaal vir nog ‘n jaar.

Loading…

Wanneer jy dit was jy self gegroei het rook, dan is die gevoel nog beter. Begin deur hier te kyk hoe om jou eie sade te kry in Suid-Afrika en begin jou daggatuin die week nog.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *