Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

UFC 205 – Eddie Alvarez vs. Conor McGregor

Vir jare was MMA onwettig in New York. Die sinnelose wet is verander en UFC 205 gaan afspeel in Madison Square Garden, New York. Hierdie mag dalk die grootste UFC event ooit wees, nie net oor die legendariese venue nie, maar ook oor Eddie Alvarez sy Lightweight title gaan verdedig teen Conor McGregor die Featherweight champion.

ufc-205-eddie-alvarez-vs-conor-mcgregor

As Conor McGregor wen sal hy die eerste UFC fighter wees om die title belt the hê in twee verskillende gewigsklasse, Featherweight en Lightweight. Maar dit is verseker nie ‘n given dat Conor McGregor die een gaan wen nie, want Eddie Alvarez is nie ‘n fighter wat net oor hom gaan laat loop nie. Eddie Alvarez is ‘n uitstekende stoeier en sy grappling is verseker baie beter as McGregor se grappling.

Eddie Alvarez het miskien net die spotlight van die UFC betree toe hy as underdog vir Rafael dos Anjos aangevat het en die Lightweight belt gewen het toe amper niemand gedink het hy gaan nie (As jy nog nie Joey Diaz se reaksie gesien vet vir die Dos Anjos vs Alvarez fight nie, check hier). Maar Eddie Alvarez is al vir ‘n paar jaar besig om die ranks te klim in MMA en hy het al ‘n paar keer in die verlede gewys watse quality fighter hy is. Conor en Eddie is altwee baie goeie strikers, maar soos ons al gesien het in McGregor se fights teen nate Diaz sukkel Conor bietjie met die fiksheid. Net soos teen Diaz gaan dit vir Conor McGregor groot probleme veroorsaak as hy moeg raak teen Eddie Alvarez, want soos ons teen Dos Anjos gesien het raak Eddie ‘n beast as hy eers bloed geruik het.

https://youtu.be/etWtQoKHxEo

Wat reken jy? Wie gaan by UFC 205 wen wanneer Eddie Alvarez en Conor McGregor kragte meet? Soos altyd kies ek nie kante nie, ek is net bly ons gaan ‘n ‘n fiight sien wat die potensiaal het om ‘n ongelooflike een te wees!

You may also like...

2 Responses

  1. thysmetys says:

    yoh! ek kan ook nie kante kies nie…dit gaan n awesome fight wees..
    Moet ook nie vergeet van Joanna Jędrzejczyk vs. Karolina Kowalkiewicz altwee Polish en undefeated.

    En die ander line ups is net so awesome.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @thysmetys: Yes, die card vir UFC 205 is stacked. Weidman vs Romero, Edgar vs Stephens, Woodley vs Thompson, Cerrone vs Gastleman en dan natuurlik Alvarez vs McGregor en Jędrzejczyk vs Kowalkiewicz. Dit gaan mal wees! En dit is nie eers al die fights nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *