gevaaalik.comedy Podcast #80 – Social Media Addiction
In hierdie episode van die gevaaalik.comedy Podcast chat ek met Christo de Beer. Christo werk in social media en hy het kliënte wie se social media hy vir hulle manage. Ons praat oor die negatiewe, die positiewe, die privaatheid issues, die security issues, die betalings issues en so paar dinge rondom social media. Op die ou einde eindig ons maar op by robot-sex-dolls, soos mens doen.
Ek leef self met ‘n weird verhouding met social media omdat dit deel is van wat ek doen vir ‘n lewe. Dit voel deesdae vir my net meer en meer asof my ek nie nodig het om die tipe informasie te kry wat ek kry deur social media nie. Miskien word ek nou maar net oud. Miskien moet ek vir my ‘n rocking chair kry en op my stoep gaan sit sodat ek die Snapchat-kinders van my gras af kan jaag. Dit was ‘n interesante gesprek en ons kon verseker nog vir ure daaroor praat, veral as ons bietjie meer focused bly.
Jy kan die gevaaalik.comedy Podcast kry op iTunes, so bliksem daardie subscribe knoppie en kry elke nuwe episode soos dit verskyn. As jy ‘n Android device het kan jy BeyondPod gebruik en ook subscribe aan ons podcast deur net te search vir “gevaaalik.com”. Of ‘n ander opsie is dieSoundcloud App en dan kan jy ons podcast sommer via ons Soundcloud page kry wat werk vir alby Apple en Android.
Hoe voel jy oor social media? Laat weet my in die comments of stuur ‘n email na podcast@gevaaalik.com. Jy kan vir Christo op Twitter kry by @baasdebeer.
Die song aan die begin van die week se podcast is Wiz Khalifa – No Social Media Feat. Snoop Dogg.
*Niks wat in hierdie podcast gesê word moet ernstig opgeneem word nie. Name, karakters, besighede, organiesasies, plekke, gebeure en insidente is of die produk van die hosts se verbeelding of word denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkomste tot regte mense, lewendig of dood, gebeure of plekke is heeltemal toevallig. Hierdie podcast is uitsluitlik vir vermaaklikhid gemaak.