Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Trevor Noah op The Daily Show

Trevor Noah is ‘n uitstekende comedian. Tog is ek nie ‘n groot fan gewees nie, tot hy begin beweeg het in Amerika in. Die rede hoekom ek nie van Trevor Noah gehou het pre-USA nie, is omdat sy comedy vir my moerse eendimensioneel was; ras, ras, politiek en nog ras is al grappies wat hy gehad het. Vir my het dit vinnig afgesaag geraak. Toe begin hy optree in Amerika en toe het ek ongelooflik baie respek vir hom gekry as comedian en mens.

Trevor Noah on the Daily Show

Trevor het besef dat die ras ding nie so op gehammer sal kan word in ‘Murica nie, so sy materiaal moes aanpas en aanpas het dit. Behalwe vir die feit dat sy comedy next level gegaan het, het ek ook moer baie respek vir Trevor Noah gekry toe hy begin het om die ignorant Amerikaners te spot.

Amerikaners het ‘n probleem. Die probleem is dat hulle vreeslik naïef is oor enige iets wat buite good old ‘Murica gebeur. Afrika is mos alles een plek, want soos ons almal weet is Suid-Afrika en Liberië mos presies dieselfde. Trevor Noah was onlangs op The Daily Show with John Stewart en toe spot hy so bietjie met hoe naïef die Amerikaners is. Goeie werk Trevor.

You may also like...

1 Response

  1. March 31, 2015

    […] die wêreld was bietjie deurmekaar oor wie Trevor Noah is. Al is Trevor nou al vir 'n hele wyle 'n contributor op The Daily Show, het baie mense nie geweet wie hy is […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *