Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Tappit Techno Treffers: Eric Prydz – Call On Me

Call On MeNadat die afgelope paar Tappit Techno Treffers ons so lank in die 90’s laat sit het dat mens amper begin voel mens moet begin soek vir Ricki Lake en Mighty Morphin’ Power Rangers reruns, het ek gedink ons sal hierdie week bietjie nader aan die hede beweeg. En ek het ook gedink dat ons Tappit Techno Treffers bietjie sexy stoute boudjies nodig het.

In 2004, vir baie mense bekend as die jaar waarin die sitcom Friends uiteindelik uitgefizzle het, het die Sweedse DJ Eric Prydz ‘n wêreldwye hit gehad met die enkelsnit “Call On Me”. Soos meeste DJ’s wat ritmiese “pluk-‘n-appel-gooi-hom-in-die-mandjie-musiek” produseer, het Prydz die sentrale melodie van sy song uit ‘n ander song gekry. Die bekende “Call On Me”-frase, wat besonder baie klink soos iemand wat eerder sê “Come on me” – veral as mens die video kyk, is oorspronklik uit ‘n song deur Phil Collins-kloon en 80’s Britse popsensasie Steve Winwood. Hieronder is ‘n snippet uit Winwood se “Valerie”, waaruit Prydz die onduidelik-dubbelsinnige frase en synthesized melodie gehaal het.

Maar laat ons nie langer uitstel nie. Ek is seker julle is gretig om te sien hoe “Call On Me” se musiekvideo bewys dat stywe 80’s-styl aerobics outfits fokken goed kan lyk.

You may also like...

2 Responses

  1. kevs says:

    Ok baie fokken lekker dankie, al wat ek nou wil he is die brunette kat in die pienk en blou outfit se naam.

  2. Joe says:

    Haar naam is Laura J. Smith, en jy kan meer van haar en die ander dansers bekyk by hierdie link:

    http://youtu.be/ZsVp7wRWG7I?t=49m6s

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *