Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Tappit Techno Treffers: DJ Aligator – The Whistle Song

Waaraan dink jy as jy die jaar 2000 lees? Highlights in mense se hare? Y2K? Backstreet Boys se album Millennium? Amerika voor 9/11? Die begin van selfone met interne antennas? KTV? Natuurlik nie. Jy dink dadelik aan “The Whistle Song”.

Goed, so dit lui nog nie ‘n klokkie nie. Wat van die alternatiewe titels “Blow My Whistle, Bitch” of die PG 13 weergawe, “Blow My Whistle, Baby”? Dit is vandag se Tappit Techno Treffer: DJ Aligator se “The Whistle Song”.

DJ Aligator, ook bekend as Aliasghar Movasat, in Persies علی اصغر مواساط, is ‘n uhn tiss-maker wat met een been in Iran en die ander in Denemarke staan. Amper soos Lars Ulrich. Wag, nee, skrap daardie idee: Glad nie soos Lars Ulrich nie. Hier is ‘n illustrasie van DJ Aligator se dilemma:

‘n Grafiese voorstelling vir die rede agter DJ Aligator se kak musiek.

DJ Aligator (wat, net vir as julle dit dalk gemis het, aspris sy DJ-naam verkeerd spel om dit te link met sy regte naam), is nie ‘n subtiele ou nie. Sy lirieke is so fokken eenvoudig soos dit klink. In die analogie wat “The Whistle Song” is, is die whistle sy penis en die blow is, uhm, wel, blow. (Net lirieke van Afrikaanse sangers soos Kurt Darren, Bobby van Jaarsveld, Dirk van der Westhuizen, ens., kan enigsins meer obvious wees. Fokkit, give credit where credit is due.)

So om jou op baie ongemaklike wyse terselfdertyd te herinner aan blowjobs en jou laerskooldae as padpatrollieleier, hier is “The Whistle Song”/”Blow My Whistle, Bitch”/”Blow My Whistle, Baby”.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *