Gevaaalike Oppikoppi hints en tips
Daardie tyd van die jaar het aangebreek, amper. Ses dae van nou af hang die bekende stofwolk oor die Oppikoppi-plaas soos die voete van gelukkige Oppikoppi-gangers dans van blydskap. Ek self kan aan niks anders as Oppikoppi dink nie. Ek het dit dus goed gedink om vir almal wat Oppikoppi vanjaar gaan aandurf so 'n paar hints en tips te gee.
Onthou jou tent en warm slaapgoed. Onthou ook jou warm klere. Deur die dag is die temperatuur gewoonlik heel billik, maar snags en vroeg in die oggend kan dit koud wees. Maak dus seker jy het genoeg komberse en warm klere. As jy sukkel om te slaap van die koue gaan dit vinnig 'n demper op jou party sit.
- Vergeet van stort en skoon in die bed klim. Pak maar vir jou genoeg wet wipes sodat jy elke dag onder jou arms, jou gesig en ballas 'n vee kan gee. Deodorize jouself en jy sal fine wees. Moet nie bekommer oor jou hare was nie, dra eerder net heeldag 'n hoed.
- Onthou sonbrandgoed. Hoe hoër die SPF hoe beter, want hoe minder sal jy jouself hoef te besmeer. Die Augustus son het al menigte prawns gebrand laat hulle lyk soos krewe. Snaaks vir die res van ons, maar glad nie lekker vir die wat gebrand het nie.
- Be wise, condomize. As jy van plan is om te pomp by Oppikoppi beskerm jouself en die persoon wat jy gaan saag deur jou tool te wrap. En as jy van plan is om te pomp doen dit op dag of nag een, na dit ontwikkel jou skaamdele 'n klankie wat glad nie sexy is nie. Dames, julle kan ook maar kondome saamvat. As 'n ou nie 'n effie het nie gee vir hom een. Niks fok jou lewe op soos 'n Koppi-baba of een of ander vieslike sekssiekte nie.
- Bring baie water. Daar sal water wees, maar ek vat elke jaar tenminste 10 liter van my eie water. Babbelas (glo my jy gaan meer as een van dié robbiese hê) word gou getem met water. Terwyl ons op die babbelasnoot is, onthou pynpille - en baie daarvan. Maar jissis, moenie pynpille en drank meng nie. Glo my, jou lewer en niere sal dankbaar wees. Dit is moeilik om Koppi te geniet as jou lewer gekalf het van pynpille en drank.
- 'n Skoon onderbroek vir elke dag is noodsaaklik. Anders as dit miskien so paar skoon t-shirts. As jy die laaste dag agterkom jy het een onnie te min ingepak, free-ball/commando, son!
- Bring toiletpapier. Jy sal dit nodig hê.
- 'n Lekker waterbottel om drank in te kan vat na die stage area. 'n Hydration pack werk eintlik die heel beste, maar hulle kan swaar op die sak wees. Besluit maar self.
- Neem foto's van alles. Hoe meer foto's jy neem van jou dronk vriende hoe meer gaan jy lag daaroor in die toekoms.
- Bring baie hout en firelighters. Jy gaan baie tyd om jou kampvuur spandeer en 'n warm vuurtjie maak dinge altyd geselliger.
- Los jou roid rage by die huis. Oppikoppi is nie die plek vir jou aggressie nie. Almal is daar om hulself te geniet, nie net jy nie. So moet nie 'n kont wees en wil begin baklei nie.

Geniet Oppikoppi. Ek en die res van die gevaaalik.com crew gaan dit vir seker geniet. Oppikoppi Sweet/Thing lyk asof dit een van die beste Koppi's nog gaan wees. Sien julle daar!
Taxi Violence – Deer in the Headlights Tour
Taxi Violence se Deer in the Headlights begin vandag. Taxi Violence is by ver een van ons beste local acts en is altyd awesome om live te sien. Hulle is verseker een van die bands wat ek nie gaan mis by Oppikoppi nie. As jy dus 'n fan is van awesome rock musiek check die datums en venues hier onder en kry jou gat by een van hulle shows.

JULY
18th Mercury Live (Unplugged) Cape Town
19th Tanz Cafe, Johannesburg
20th Arcade Empire, Pretoria
21st Stones, Boksburg
28th The Assembly, Cape Town - with Van Coke Kartel
AUGUST
3rd Klein Libertas, Stellenbosch
8th Wavehouse, Durban
9th Oppikoppi, Northam
Enter Shikari to play Oppikoppi

Enter Shikari, the British rock/hardcore/electro group have been added to the Oppikoppi line-up. I have never been a huge fan of the group but I have seen a few of their live videos and to be honest, they are gonna rock us to shit. The band combines post-hardcore with various heavy metal sub-genres such as metalcore and alternative metal with bits of various electronic genres such as electronica, dubstep, trance and occasionally drum and bass which creates a particularly unique sound. Something the Oppikoppi should look forward to.

They lept on the Dub bandwagon way before Korn and their track Destabalise, did pretty well on the Tuks.fm charts. If you have no idea who Enter Shikari is check this video out:
Seether Klap Oppikoppi
Die ouens van Oppikoppi is besig om af te show. Seether kom ook vanjaar Oppikoppi toe. Ek like dit, ek hoop net hulle speel meer van hulle ou goed as die nuwe goed. Kom ons wees eerlik, die laaste twee Seether albums het harige donkieballas gesuig. Vat my asseblief terug na die dae van die Disclaimer album minus Amy "Grensgat" Lee.

Hier is een van my gusteling Seether tracks, "Gasoline". So nou is dit al Bullet for my Valentine, Eagles of Death Metal, Enter Shikari en Seether wat die vier groot aankondigings is.



