Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Oppikoppi in 2015

Julle is seker heel bewus van die feit dat ek nog heel still was oor die jaar se Oppikoppi. Dit sal wees omdat ek die jaar, in all likeliness, nie by Oppikoppi gaan wees nie.

Oppikoppi 2015 Fantastic Mr Vos Vos

Vir twee redes:

Dit is ‘n groot wêreld

Eerstens het ek na laasjaar se Oppikoppi besef dat ek nou al vele van die Oppikoppi experiences gehad het. Daar was lekker oomblikke, daar was scary oomblikke, daar was fucked-up oomblikke. Baie van daardie oomblikke wil ek vir altyd onthou soos hulle nou in my kop is. Sommige van die oomblikke sal ek eerder wil vergeet. Ek is seker daar is baie oomblikke wat ek net nie kan onthou nie.

Die wêreld is groot en ek het nog baie dele wat ek nog nie gesien het nie. Ek love remote locations en die natuur. Ek het begin duik. So die jaar gaan ek op so paar ander trippies. Alles kos ongelukkig geld en iewers moes ek sny. Ek het besluit om Oppikoppi te sny.

Ek wil dit onthou soos dit nou in my kop is

Nee, ek herhaal nie myself oor ek al by een te veel Oppikoppies was nie. Ek het so jaar of wat terug my hande op die ou X-Men animated series gekry, en die animated Spiderman. Jy weet die twee wat op ‘n Saterdag op K-TV gewys het. Toe jy nog ‘n crush gehad het op Candice Hillebrand. Ek het net een episode van elk gekyk en toe besluit ek hou meer van hoe ek dit onthou as wat dit eintlik is.

Dieselfde geld vir my as dit kom by Oppikoppi. Ek will Oppikoppi onthou soos ek dit tans in my kop het. Miskien wil jy nog bietjie bou aan jou Oppikoppi-stories, dit is great stories om te hê. Miskien eendag sal ek terugkom vir die Kreef-experience. Wie weet? Dalk kom daar ‘n boodjie vol geld en dan gaan ek na Oppikoppi toe ook die jaar. Maar vir nou gaan ek bietjie ander stories gaan soek.

Oppikoppi is nie meer wat dit was nie

Natuurlik nie. Hoe kan dit wees? Ons almal het ouer en groter geword oor die laaste 21 jaar, en Oppikoppi ook. Oppikoppi het eintlik ‘n hele besigheid geword wat vir menigte mense werk skep. Maar elke besigheid moet geld maak, en meeste suksesvolle besighede wil elke jaar groei. Dit is wat Oppikoppi gedoen het en ons moet ongoddelik dankbaar wees daarvoor.

Oppikoppi was een van die eerste Suid-Afrikaanse musiekfeeste vir die “counter culture”. Noem ons wat julle wil, hippies, stoners, creatives, losers, jocks, dose, whatever. Oppikoppi is ons plek, ons almal se plek. Maar die “counter culture” is ‘n klein groupie as jy kyk na die groot prentjie. As Oppikoppi wil groei, dan gaan hulle moet begin kyk buite die groep wie se harte hul reeds gesteel het. Ons het die groeipyne reeds gesien gebeur oor die laaste paar jaar.

Dit is nou waar The Parlotones in pas. Ek is seker dat The Parlotones as ‘n band baie hard werk, meer as baie van die 8-5 office knape, soos Werner Olckers sê op Facebook. Hulle is ook blykbaar meesters van hulle instrumente. So hoor ek want ek het nog nooit geluister na hul musiek of hul sien optree nie. Die eenvoudige rede is dat ek nie van hulle musiek hou nie. En daar is niks fout daarmee om nie van die The Parlotones te hou nie.

Ek is seker Lady Gaga werk ook haarself simpel, dit maak nie dat haar musiek minder kak is nie. So moet nie vir my sê dat The Parlotones een of ander cultural revolution vir Oppikoppi is nie. Dit is ‘n groter gehoor, meer kaartjie verkope en dus groei Oppikoppi.

As ek dit maak tot by Oppikoppi The Fantastic Mr. Vos Vos, dan gaan ek ook nie na The Parlotones gaan kyk nie. In fact as ons hulle musiek kan hoor by ons tente sal ons Tina Turner net harder sit! Jy het vryewil, gebruik dit. As jy nie van The Parlotones hou nie, noet net nie The Parlotones gaan kyk by die jaar se Oppikoppi nie. Daar was al bands wat ek nie van hou nie, dan gaan kyk ek hulle nie. Oppikoppi het meer as 1 stage. Dit is deel van hoekom Oppikoppi great is.

Kan almal asseblief nou hul gegrens stop. Jy gaan Oppikoppi toe, of jy gaan nie. Oppikoppi is nie meer die Oppikoppi van tien jaar terug nie, want dit is 10 jaar later. Jy hoef nie van The Parotones te hou nie, en jy kan dit wys deur nie na hulle optrede te kyk nie. Of jy kan ‘n fan wees van The Parlotones, en dus is jy op cloud nine, dit maak steeds nie die optrede van die popgroep ‘n cultural revolution nie.

Kalmeer en maak jou eie besluite. Besluit self oor Oppikoppi, oor die bands wat jy gaan ondersteun by Oppikoppi 2015 en oor jou eie lewe. Maar die belangrikste reël van Oppikoppi sal altyd wees: Moet nie ‘n doos wees nie.

You may also like...

3 Responses

  1. jo says:

    Could not have said it better. Straight to the point without being a doos.

  2. Gawie Stoltz says:

    Dit is Oppikoppi no 21 en dit sal my no.17 wees en dit word net beter met die buite landse bands . KRY MEER HARD ROCK en los die volkspele bands vir Aardklop en so aan

  1. April 29, 2015

    […] Soms is van die dinge bietjie laat, soos met die week se Stoute Boudjies. Dit is meestal oor die Oppikoppi 2015 stukkie nie heeltemal beplan was […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *