Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

‘n Gevaaalike Guide tot die Oppikoppi line-up

Wat gaan dit help om 3 weke voor Oppikoppi vir jou te sê vir watter bands jy op die uitkyk moet wees? Wat gaan dit help ek sê vir jou ‘n week voor die tyd? Mens kan baie drink in ‘n week. Gelukkig vat meeste mense so 3 dae af voor Oppikoppi. Dit is hoekom ek gedink het dit sal wys wees om vir julle in die laaste paar dae voor Oppikoppi te sê wie ek uitsien om te sien die jaar. Maak ook seker om die te lees om te help met die voorbereiding: 6 Dose wat jou Oppikoppi gaan probeer spoil.

Oppikoppi Odyssey Kemtop takes the trek

Dit werk nooit so uit nie, ek sien gewoonlik ‘n hele paar bands wat ek nie beplan het om by uit te kom nie, en ek mis ook altyd so paar wat ek wou gaan kyk het. Weet sommer nou dat dit ‘n baie moeilike taak is om by ‘n schedule te hou by Oppikoppi.

Spoonerman en Only Forever

Hierdie is ‘n die eerste toughy besluit van Oppikoppi wat ek gaan moet maak. Ek hou van altwee die bands en dit sal altwee ‘n great manier wees om jou Oppikoppi af te skop. Ongelukkig speel Spoonerman 13:00 op die Bruilof Stage, en Only Forever speel 13:00 by Wesley’s Dome. Either way dit is ‘n lekker rock manier om jou Oppikoppi Odyssey mee af te skop, en wie gaan stry met sex, drugs, rock ‘n roll?

Wrestlerish

Die ouens speel hulle laaste show. Ek gaan dit nie sien nie, maar as jy ‘n fan is sal dit seker ‘n goeie ding wees om onder jou neus te druk. Jy kan Wrestlerish 18:00 Donderdag aand vang by die James Phillip Stage.

Stoker

Hier hoef ek nie veel te sê, ek gaan net vra of jy Stoker se Fox in a Hole EP gehoor het? As jy het dan is ek seker daarvan jy wil ook Stoker sien 22:00 Donderdag aand op die Skellum Stage. Ek is baie opgewonde oor die een, want ek het nog nie ‘n kans gehad om hulle live te vang nie. Bring dit!

Boargazm

Ken hulle nie, maar almal praat oor hulle. In Suid-Afrika kan mense ongelukkig nooit seker wees of jy die hype moet glo nie, want baie menses al sê enige local band is cool, en enige international act is befok. Ek het nog nooit na Boargazm geluister nie, maar die naam is vreem genoeg dat dit nou my oog gevang het ek toe dink ek: Almal praat oor hulle, dit is ‘n funny naam, ek sal die een van my random shows maak. 21:00 by Wesley’s Dome Stage.

Ander bands wat jy sal wil probeer vang Donderdag

Bittereinder is altyd awesome, 01:00 Vrydag oggend op Wesley’s Dome. Bittereinder is ‘n lekker een om te vang voor jy terug move tent toe. Yesterday’s Pupil by die Red Bull Stage, 19:00. Peach van Pletzen gaan jou ore massage met sweet electro vibes.

Mr Cat and the Jackal

Jou dag begin 18:00 musiek gewys. Lekker baie tyd om te party en kuier om die vuur voor jy vir Mr Cat and the Jackal 18:00 vang op Wesley’s Dome. As jy hulle nog nie gesien het nie, welkom by ‘n live optrede van Suid-Afrika se most under rated bands.

Taxi Violence

As ek jou moet voorstel aan Taxi Violence nou, is jy nie regtig ‘n groot fan van SA rock nie nê, nog nooit regtig into the music gewees nie. Jy gaan seker Oppikoppi toe om van jou gesig af te raak. Niks fout daarmee nie, maar Taxi Violence is befok en ek stel voor dat jy dit gaan uit check, 21:00 by die James Phillips stage.

Van Coke Kartel

Jy en elke ander doos wat Oppikoppi toe kom vir meer as net van sy gesig af raak gaan 22:00 voor Wesley’s Dome wees om Van Coke Kartel te kyk. Hands down Suid-Afrika se beste rock band, Afrikaans en Engels. Wie gaan nie daar wees nie?

Springbok Nude Girls

Arno Carstens, Theo Crous en die boys klap 23:00 die James Phillips stage en jy gaan spyt wees as jy hulle nie sien nie. Springbok Nude Girls is van die ouens gewees wat eerste begin kap het aan die rock-boom in die Suid-Afrikaanse music scene. Die moeite werd om uit te check.

PHFAT

Stap Saterdag in met phat beats soos net PHFAT dit kan doen. Vandat ek hulle die eerste keer gesien het by Oppikoppi Unknown Brother het ek hulle show nog elke jaar gevang by Oppikoppi. Verseker een van die beste rap groepe in Suid-Afrika en as hulle musiek jou nie aan die dans kan kry nie dan moet jy meer begin drink. Vang PHFAT 00:00 op die Wesley’s Dome Stage.

Check more in vir die Saterdag Guide Guide tot die Oppikoppi line-up. Ek wil nie hê julle moet aan die slaap raak nie.

Soos ek gesê het, niks is set in stone nie. Daarom stel ek voor jy gaan loer na die volle line-up hier. Jy hou tien teen een nie van presies dieselfde bands as wat ek van hou nie, so kyk na die line-up en kies so paar goed wat jy nie normaalweg sal kyk nie. Sien julle more vir jou Gevaaalike Guide tot Saterdag by Oppikoppi Odyssey.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *