Incubus om die week af te skop
Ek love dit as ek vir lank nie na 'n band luister nie en hulle dan weer ontdek, veral as ek baie na die band geluister het op 'n stadium. Incubus is een van daardie bands. Vir my bringe sekere songs sekere memories terug. In die geval van Incubus is daar die song 'Vitamin' wat my altyd laat dink aan 'n sekere trein trip wat ek gereëld gevat het om vir vriende en vriendinne te gaan kuier in Londen.

Incubus se S.C.I.E.N.C.E en Morning View albums was twee albums wat ek vir lank op 'n gereëlde basis geluister het. En ek het oor die naweek weer gedink aan die band vir een of ander rede. Incubus was ook een van die eerste bands wat ek en my vrou saam kon luister, want ons musiek smake verskil drasties. Ek is meer 'n hard rock/metal mens en Lamb of God en Slipknot is verseker nie haar koppie tee nie. Tog is ons albei baie gelukkig daarmee gewees om Incubus te luister in die kar.
Hier is twee van my favourite Incubus songs: Vitamin en Drive. 'n Lekker rock een en 'n lekker rustige een. So daar is iets vir almal.
Lamb of God – As the Palaces Burn Documentary Trailer
“It’s 2012, the year of the Mayan calendar, according to some, say the world is going to end. What better time than to embark on a world tour?”
Dit is die woorde van Randy Blythe (vocals) aan die begin van die trailer vir Lamb of God se documentary wat die jaar uit kom. In die documentary word Lamb of God gevolg deur hulle world tour. Die laaste helfde van die video is ook die musiek video vir "Desolation" vanaf Lamb of God se laaste album, Resolution.

Terwyl ek die musiek video vir "Desolation" gekyk het kon ek nie ophou dink dat ek verseker vir Lamb of God nog sal live moet sien voor ek die emmer skop. Lamb of God, Tool, Nine Inch Nails en Marilyn Manson is die top vier aan my band bucket list. Kom ons hoop maar Lamb of God gaan binnekort Suid-Afrika toe kom.
Lamb of God oppad SA toe in 2013
Gister kry ek 'n tweet van @kleinattie af wat lees as volg: "@gevaaalikdotcom whistleblower: chris adler tune in 'n mexico 2012 interview rondom 3:30 dat hul volgende jaar in RSA gig!" Goeie fok! Tog weet ons almal die rumor mill gaan binnekort uitmekaar moer van al die rumors wat ek al gehoor het oor bands wat Suid-Afrika toe kom.

Ek vra toe maar vir Kleinattie om sy tweet te staaf met 'n link na die video. En kan jy nou meer hy het deliver. Hier onder is 'n video interview met Chris Adler (drummer van Lamb of God en moontlik een van die beste drummers in die wêreld) van April 2012. By die 3:30 minuut merk sê Chris die volgende:
We just talked about it on the van ride over here; We have a show booked now in South Africa.
Dit is ongelukkig al wat Chris sê daaroor. Kom ons hou maar duim vas dat hy nie besig was om dit op te maak nie. Maar ek sou sê daar is 'n goeie kans dat ons volgende jaar vir Lamb of God in Suid-Afrika gaan sien. Die vraag is net by watter festival? RAMfest? As dit RAMfest was sou hulle dit sekerlik al announce het. Oppikoppi? Gaan Oppikoppi volgende jaar bietjie hulle metal messe behoorlik skerp maak en weg kom van die emo-metal smaak van Bullet for my Valtenine.*
Maak nie saak waar of wanneer dit gaan wees nie, ek sal dit gaan kyk. Vriende moet maar vergeet en vergewe as ek 'n troue mis, so kies julle datums goed. Selfde tel vir 'n begrafnis of enige ander goed wat ek weer sal kan doen voor ek aan beweeg na die volgende dimension.
Dankie @kleinattie vir die een. Dit is hoekom gevaaalik.com se lesers befok is. Check die video hier onder.
*Ek sê daardie 100% net oor ek dink dat Bullet for my Valentine se lirieke bietjie emo is en dit sit my af van hulle musiek. Kalmeer jou gesig, dit is fine as jy hulle like. Ek dink nie jy is 'n doos nie, dit is nie asof jy Justin Bieber luister nie.
Slipknot – Before I Forget Live

Almal is nie fans van Slipknot nie, maar eintlik moet almal wees. So ver as metal songwriting gaan is Slipknot een van die leaders in die pack. Nog 'n rede hoekom Slipknot so 'n awesome band is oor hulle live preformances. Kyk net die video hier onder waar Slipknot "Before I Forget" speel by Download 2009 in Donnington. Iemand moet meer metal bands Suid-Afrika toe bring en wie dit doen beter Slipknot en Lamb of God heel bo aan die lys van mense om te bring sit.
Lamb of God se Randy Blythe is uit die tronk
Goeie nuus vir metal fans die wêreld deur. Randy Blythe, Lamb of God se vocalist, is vrygelaat uit die Czech tronk waar hy die laaste maand spandeur het. Ons het nou die dag gepraat oor die situasie in ons gevaaalik.com podcast. Randy is aangehou vir so bietjie meer as 'n maand nadat hy beskuldig is dat hy 'n fan in 2010 by 'n show in Prague van die stage af gestoot het. Die fan is toe twee dae later dood en Randy is die een wie blameer word vir sy dood.

Randy is nou terug in die VSA en het so paar dae terug die foto hier bo op sy Instagram gedeel van hom en 'n fan wat hom by die lughawe kom verwelkom het. Hy het die volgende gedeel saam met die foto:
I apologize for my absence. I had an unexpectedly lengthy layover in the Czech Republic. This lovely young woman named Lia came to the NYC airport just to say "Randy, I'm glad you're home." WHAT A SWEETHEART! Her boyfriend Gary had to work so we called him on his cell. WE HAVE AWESOME FANS! How rad to be greeted by one for my layover in NYC- soon I'll be home in RVA- thanks for your good thoughts & prayers- I'll release a statement soon. Yee-haw and God bless the U.S.A.!!!!!!!!!
Randy keer terug na die stage oor so bietjie minder as twee weke vir Knotfest. Om die vrylaating van een van die beste metal vocalists te vier sit ek Lamb of God se video vir "Ghost Walking" vir julle hier onder. En voor jy grens dat jy nie kan hoor wat gesing word in die video nie, gaan kyk die lyrics video.
