Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Staat keur mediese dagga goed in Suid-Afrika

Heel “on the sneak tip” was die Medical Innovation Bill gister op die tafel by die Parliament’s Portfolio Committee on Health. ‘n Bill vir mediese dagga in Suid-Afrika. Ek weet ook nie heeltemal wat dit beteken nie, maar ek weet wel dat die Departement van Gesondheid binnekort mediese toegang to dagga gaan reguleer wanneer dit voorgeskryf word vir sekere mediese gevalle.

mediese dagga in Suid-Afrika

Dit beteken jy gaan ‘n voorskrif van ‘n dokter af moet kry voor jy mediese dagga kan kry. Die is verseker ‘n stap in die regte rigting, en al laat hierdie nogsteeds baie grys areas waar “Gupta’esque” fuckery kan plaasvind, gaan dit verseker ‘n groter impak hê op die wetgewing in Suid-Afrika as dit kom by Wilde tabak. Hierdie gaan Suid-Afrika dadelik ‘n veiliger en beter plek maak, want ons gaan ‘n groot deel van die swartmark uitsny.

Hoe werk mediese dagga?

Alle aspekte van hoe dit geïmplementeer gaan word in Suid-Afrika moet nog gebeur. Daar word gemik om regulasie raamwerk teen Januarie 2017 reg te hê vir publieke kommentaar wat dan geïmplementeer kan wees teen April 2017.

Waar presies jy jou dagga sal kan kry as jy ‘n voorskif van ‘n dokter gekry het, is nog nie duidelik nie. Miskien sal jy by ‘n apteek soos Dischem jou voorskrif gaan gee om jou mediese dagga te kry. As ons die model volg wat California gebruik al sedert 1996 sal daar ‘n dispensary wees wat jy slegs tot toegang kan kry as jy ‘n mediese kaart (voorskrif) het vir mediese dagga produkte. In California sluit dit die plant materiaal en ook enige edibles, balms, olies wat dagga bevat.

Wat ons nie wil hê nie is dat die ‘n “big pharma” geval word waar jy net medikasie soos Sativex of ander cannabinoid-inhoud medikasies nie, want dan gaan ons steeds sit met die swartmark probleem waar mense moet deal met dodgy dealers. Verkieslik wil ons baie naby wees aan wat mediese dagga wetgewing is in California. ‘n Goeie kans om te leer uit ander se foute.

Beteken dit dagga is wetting in Suid-Afrika?

Nee. Alhoewel die feit dat die Staat mediese dagga nou goed gekeur het sal verseker ‘n impak hê op die paar groot dagga-hofsake wat kom. 13 Desember is die “Constitutional Dagga Hearings” in die Kaap, en volgende jaar die “Trial of the Plant” van 31 Julie tot 25 Augustus 2017. Dit beteken dat decriminalization en 100% wettige dagga verseker ‘n moontlikheid is. Alhoewel ons sal moet wag tot 13 December voor ons die eerste impak sal kan sien, is daar lig aan die einde van die tonnel.

Suid-Afrika sal bevoordeel word deur ‘n mediese dagga program

mediese dagga word gebruik vir die maak van dagga-olie

‘n Voorbeeld van dagga-olie wat algemeen gebruik word vir mediese redes

My ma het my net laasnaweek vertel van ‘n tannie wat sy ken wat nou sukkel om dagga-olie in die hande te kry vir haar klein dogtertjie wat dit kort vir mediese redes, omdat die persoon by wie hulle gekoop het gearresteer is. Dit is nou iemand wat ander mense probeer help, in die geval ‘n klein dogtertjie. Ja, hy maak geld daaruit, maar ek sal eerder dat ‘n ou geld maak uit mense help as hom in die tronk gooi oor hy mense help.

Jy kry ook verskillende dagga-verkopers in Suid-Afrika. Jy kry die veilige opsie wat jy kan vertrou en dan is al gevaar is dat jy gearresteer kan word daarvoor. Dan kry jy ook die dodgy Nigerian ou wat jy op die straathoek ontmoet en dan raak dit dadelik baie meer gevaarlik selfs al vergeet jy van die gevaar van om gearresteer te word.

Die manier hoe ons dagga gebruik tans probeer beheer verwoes meer lewens as wat dagga ooit sal. Met al die navorsing en bewyse wat daar al gevind is,  wat wys dat die wêreld nie in een stort wanneer dagga wettig is nie, moet jy eenvoudig ‘n swaap wees om nie wettige dagga te ondersteun nie.

Ja, baie mense wat dagga gebruik doen dit uitsluitlik vir ontspannings doeleindes en ons is nog baie ver weg van dit af in Suid-Afrika. Tog beweeg ons in die regte rigting, want Suid-Afrika kan doen moet die ekonomiese voordele wat kom saam met die gereguleerde handel van dagga. Nou moet ons net sorg dat ons help om die wetgewing te vorm rondom Wilde tabak.

Lees ook: Ons praat met drie verskillende dagga verkopers oor hul onwettige besighede

You may also like...

1 Response

  1. VliegendeVogel says:

    Cool.. ek koop sommer weekliks hier in my straat die goed. Wettig.. in Nederland 🙂

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *