Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Sandton Craft Beer Fest – Wen kaartjies

Wie hou nie van bier nie? Craft bier stink dalk so bietjie van hipster, maar dit is net omdat hipsters daarvan hou om hulself te heg aan enige ding wat dalk ‘n trend kan word. Mark my words dat hulle volgende ding groente tuine gaan wees. Jy het dit eerste hier gehoor, net op gevaaalik.com.

Sandton Craft Beer Fest 2015

Die Sandton Craft Beer Fest tref Sandton Sports Club Saterdag 7 Maart 2015 en as jy vir jouself ‘n kaartjie kry kan jy ook lekker in die Suid-Afrikaanse somer weer gaan sit en teug aan so paar craft biere. Vanaf 10:oo tot 20:00 kan jy op 7 Maart sit en bier drink asof jy ‘n hipster met geen toekoms is nie. Snaaks genoeg is dit hoe ek baie van my Saterdae spandeer.

Hier is so paar craft biere wat jy sal kan probeer:  Jack Black, CBC Brewing Co., Dragon Ginger Beer, Citizen, Aces Brew Works, Devils Peak, Brickfields, Swagga, Copperlake, Soweto Gold, Striped House en Mogallywood. Jy gaan ook live musiek hê in die agtergrond vanaf al die kanpe: Dave Ferguson, Tidal Waves, Lone Raynger and Hells Cats. Daar gaan kos ook wees, baie kos, so maak seker jy kom honger.

Sandton Craft Beer Fest 7 March 2015

Kaartjies kos R150 behalwe as jy onder 12 is, dan kan jy verniet inkom, maar jy mag nie bier kry nie. Koop jou kaartjies hier. Vir meer inligting kan jy gaan loer na die Facebook page of die Facebook event page.

As jy spring, kan jy ‘n kaartjie vir jou en ‘n vriend los slaan om te gaan na die Sandton Craft Beer Fest. Dit is so maklik soos tweet @gevaaalikdotcom en vra vir die kaartjies, of gaan los ‘n comment op die thread van die post op /r/gevaaalikdotcom. Ons sluit die kompietisie deure Vrydag 27 Februarie. Ons besluit is finaal, grensers kan loop naai.

You may also like...

2 Responses

  1. Bok says:

    Julle se dat die kraft beer fair op 7 Maart is maar die kompitisie sluit 27 Maart?
    Seker maar net n typo?

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Bok: Baie dankie dat jy dit uitwys. Ek het dit gefix. My bad, dit moes 27 Februarie wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *