Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Stop The Knot Official Apology

Laas week het Derick Watts and the Sunday Blues gegaan van daardie funny “Car Guarding in the USA” ouens, tot by bullies en weer terug na hipster douche bags wat ander hipsters aanrand. Hel, daar was selfs sommige mense wat so graag wil ontsteld raak vir ander mense se onthalwe dat hulle die afsny van die todler-pony (of knot) vergelyk het met rape.

Stop the Not Appology official

Wat baie mense klaarblyklik vergeet het, (dit is nou die wat al van Nic Smal en Gareth Allison se ander comedy/parody videos gesien het op hul YouTube channel en nogsteeds ontstel was deur “Stop The Knot”) of net te dig was om agter te kom, is dat die twee hul gehoor net probeer laat lag en entertain. Entertainment is baie min “real”. Nie eers reality TV is real nie. Vanmiddag het Nic en Gareth ‘n press release vrygestel om bekend te maak wat blatantly obvious was as jy verder as jou neus kan dink: Die video is gestage. ‘n Official apology, soortvan.

Die hipsters wat se knots afgesny word in die video is vriende van Nic en Gareth en die hele #StopTheKnot ding was beplan. Hoe onnosel sal jy moet wees om so video te maak en dit dan op YouTube te sit waar jou “victims” jou maklik genoeg sal kan in die hande kry? Wie sal onnosel genoeg wees om te glo dat Nic en Gareth nie self hieraan sou kon dink nie, en juis daarop vertrou het dat grensgatte gaan oorreageer soos wat hulle gewoonlik doen, sonder om te dink.

“The intended irony of the piece is that we’d be squarely classified hipsters ourselves for our appearance”
sê Gareth Allison. “People missed that, it should have been a straightforward clue as to the
video’s validity. It was intriguing to experience the hate, outrage, threats and the calls for us to be
brought to justice – and even jailed – for a hair-cutting video people thought was genuine. All this at a
time when our country is going through one of the most turbulent times in its history.”

Die ouens het natuurlik die hele situasie laat uitspeel met ‘n smile op hul gesigte en soos die regte comedians wat hulle is het hulle die belaglike reaksie van sommige mense gevat as net ‘n kans om die res van ons weer te laat lag. Wel gedaan aan Nic en Gareth van Derick Watts and the Sunday Blues. Selfs in hulle apology het hulle die suurdrolle ore aangesit.

You may also like...

1 Response

  1. Boertjie says:

    Sê jammer vir daai fokken snor!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *