Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Rick and Morty Season 4 Trailer

Rick and Morty se vierde seisoen begin 10 November 2019. Dit is seker die belangrikste nuus wat jy gaan kry van die trailer hier onder af. Mr. Poopy Butthole is terug en hy lyk of hy gaan gat skop. Morty sien so paar goed wat in die gesig geskiet word reg voor hom, en hy self verander ook in een of ander monster. Alles in een trailer wat uit die blou vrygelaat is deur Adult Swim.

O ja, en ons kry vir eers net 5 episodes van die 10 episodes van seisoen 4. Net toe jy dink jou bubble kan nie gebars word nie. Dit beteken dat ons tien teen eers die laaste 5 episodes van seisoen 4. Nadat ons gewag het van 2017 af vir die nuwe seisoen gaan nog bietjie wag seker nie seer maak nie.

Seisoen 4 van Rick and Morty begin 10 November 2019 op Adult Swim. Check die trailer en laat weet my wat jy dink van die feit dat ons net 5 episodes kry om mee te begin?

 

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *