Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Red Dead Redemption 2 – Trailer #3

Jy moet regtig hard [robeer om fout te vind met Rockstar games. Die Grand Theft Auto series is een van die min gaming series wat beter raak met elke nuwe titel. The Warriors is een van die lekkerste games wat ek al ooit gespeel het, en ook die eerste game wat ek gekoop het waar ek gevra is vir my ID om te bewys ek is ouer as 18. Red Dead Redemption is een van Rockstar se beste stukke kuns. Red Dead Redemption 2 is vanaf 26 Oktober 2018 beskikbaar op Xbox One en Playstation 4 en soos die tyd nader kom, kry on trailer nommer 3.

Elke keer as daar ‘n nuwe trailer uitkom, dan raak ek net meer opgewonde oor Red Dead Redemption 2. Rockstar se games is epies in skaal en produksie kwaliteit. Grand Theft Auto V is een van die games met die meeste diepte wat jy ooit sal speel. Dit is ook die finansiël mees suksesvolle media titel ooit en het al $6 biljoen ingebring. Infinity War, het sover maar $1 biljoen gemaak, en Avatar die fliek wat die meeste geld nog ooit gemaak het, kon net $2.8 biljoen maak.

Iemand wat vreeslik baie lyk soos John Marston in die nuuste trailer vir Red Dead Redemption 2

Red Dead Redemption 2 is ‘n prequel tot Red Dead Redemption. Dit sal ook dan verduidelik hoekom ons ‘n jonger John Marston sien in die nuwe trailer, want in die nuwe RDR is jy deel van Dutch’s Gang. John Marston was deel van Dutch’s Gang voor die eerste RDR. Met Rockstar games gaan die altyd oor die single player experience eerste. RDR 2 gaan glo ‘n multiplayer aspek hê, maar sover is dit al wat ons weet. GTA V se multiplayer is ongelooflik goed, en Rockstar hou daarvan om te leer uit vorige titels. Dit sal dus nie verbasend wees as RDR 2 se multiplayer iets soortgelyk is, maar in die Wild West nie.

Is daar enige ander van julle wat so opgewonde is oor Read Dead Redemption 2 soos ek? Wat was jou gunsteling deel van Red Dead Redemption? Laat weet my in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *