Smous en koop jou games op Games Trader
Dit het my ‘n hele ruk gevat om aan te beweeg van my Xbox 360 af na my Xbox One toe. Die hoof rede daarvoor is omdat ek die 360 sou moes verkoop om die One te kan bekostig. Dit, en my versameling games wat ek oor die jare opgebou het. Party was backwards compatible, maar meeste sou net lê en stof vergaar. Ek het so paar van die games saam die console verkoop, maar sit steeds met ‘n hele spul onspeelbare titels.
Ek gaan die games verkoop op Games Trader
Die grootste hoofpyn met my games verkoop was dat daar baie skelm dose is op classified sites soos OuAlex en TosMail. Jy moet altyd op die uitkyk wees vir iemand wat jou “produk” by jou gaan wil steel, of iets wat eintlik van geen waarde is aan jou verkoop nie. Games Trader is die Suid-Afrikaanse online mark vir gamers om tweedehandse games te koop en verkoop.
Op Games Trader kan gamers games koop by en verkoop aan, ander gamers. Soos met alles moet jy altyd op die uitkyk wees vir iemand wat jou gaan try con, maar Games Trader is ‘n online community vir Suid-Afrikaanse gamers, waar OuAlex of TosMail vir enige gemors mens is.
Gaming is nie altyd die goedkoopste stokperdjie nie, ek koop bittermin iets op die dag van release*, want R999 is deesdae die gemiddelde prys vir ‘n new release title. Ek frequent baie die bargin bins waar jy games kan optel vir R200. Ek is altyd opsoek na ‘n manier om geld te spaar as dit by gaming kom, want elke paar honderd Rand sit my nader aan miskien ‘n nuwe gaming headset.
‘n Goeie manier om geld bymekaar te maak vir ‘n nuwe game of gaming equipment, is deur jou ouer games wat jy nie meer speel nie, te smous. Ek het besluit ek gaan nou al my ou Xbox 360 titles wat ek nie kan speel nie, verkoop op Games Trader. Die site maak dit maklik om al jou games te lys, ek het reeds begin met Rugby World Cup 2011. Jy het ook opsies vir secure payment (teen ‘n koste natuurlik) om seker te maak alles is legit. Ek het maak my games ook beskikbaar aan die verkoper deur aflewering (teen R50 ekstra) of hulle kan dit by my kom optel.
Met my versameling van 360 titles, reken ek ek mag dalk net genoeg geld maak om my Xbox One versameling van games bietjie groter te maak. Kyk net na die video hier onder, en maak asof Gary Vaynerchuk praat oor net jou ou games smous. Elke een van ons sit op ten minste ‘n paar honderd Rand.
Ek gaan my games almal op Games Trader laai, en dan sal ek ‘n hele lys van die games hier kom sit op gevaaalik.com. Miskien sien jy iets wat jy wil koop. Miskien ken jy iemand wat gereëld travel en vir jou games uit Amerikaanse/Britse Bargain bins kan saambring vir cheap, wat jy dan kan verkoop op Games Trader. Miskien sit jy op ‘n besigheid en ‘n verskoning om meer games te speel.
Ek gaan games trader try, en ek stel voor dat jy dieselfde doen as jy tweedehandse games het wat jy kan verkoop.
*Ek spaar al vir maande vir Red Dead Redemption 2, want ek sal dit koop op die dag van release.