Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Radio suig, op die internet maak ons ons eie playlists

Lank lank gelede het ek baie vlugtig ‘n show gehad op The Grind Radio. Ek like musiek, nie altyd musiek wat ander like nie, maar ek like musiek. Veral metal musiek kry nie genoeg airtime in Suid-Afrika nie. Nerens, nie op ons radiostasies nie en ook nerens op enige van die local internet radiostasies nie.

Rock en Metal in Suid-Afrika

Daarom is ek baie bly dat daar goed is soos Deezer. Deezer is ‘n music streaming service wat jy kan gebruik om amper enige musiek wat jy like na te luister. Ja, daar is so hier en daar iets kort (licensing issues, soos Metallica wat mos glo hulle verloor geld as jy hulle musiek luister sonder dat jy dit gekoop het) maar oor die algemeen kan jy amper alles kry.

Jy kan ook jou eie playlists aanmekaar sit. Ek het so rukkie terug my eie playlists begin bou en jy kan altwee die playlists hier onder sien.

Metal Up Your Ass

“Metal Up You Ass” is presies soos die naam voorstel 100% metal van begin tot einde. Dit is hard, dit is awesome, dit is metal. Verwag Lamb of God, Slayer, Pantera, DevilDriver, Black Sabbath en vele meer metal wat jy nie sommer op die klankgolwe in SA sal hoor nie.

Rock and Metal Injection

“Rock and Metal Injection” het meer ‘n mix van rock en metal songs. Dit is ‘n lekker playlist as jy hou van ‘n konstante change van tempo. Op die playlist kan jy goed soos Foo Fighters, Deftones, Led Zeppelin, Jimi Hendrix en Iron Maiden kry. Bietjie metal, bietjie rock, baie awesome.

Jy kan ook Deezer nou dadelik gebruik, for free. Jy hoef ook nie dadelik die R69.99 te betaal per maand as jy nie wil nie. Jy kan dit eers try for free deur net na die site te gaan of die app te download op jou foon of tablet. As jy ‘n paid for account het kan jy ook musiek download na jou foon of komper to sodat jy daarna kan luister wanneer jy nie in ‘n Wi-Fi are is nie, of wanneer jy nie data op jou foon het nie. Fokken smart.

Ek dink Deezer is awesome en ek gaan probeer om elke maand ‘n playlist hier met julle te deel. Wil jy ‘n Deezer subscription wen? Los ‘n comment en laat weet watter song jy deel sal maak van ‘n playlist.

You may also like...

3 Responses

  1. anthraxitus says:

    Foo Fighters – All my life

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @anthraxitus: Verseker nie ‘n slegte opsie nie. Ek sit hom sommer nou op ‘n nuwe playlist.

  3. anthraxitus says:

    Kan nog baie ander voorstel?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *