Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

SA Radio presenters

Wanneer mens in die oggend werk toe ry het jy nie veel opsies nie – Tuks FM se 19-22 jarige DJ’s het skaars hulle babavet afgeskud en weet fokkol van fokkol af nie.  Highveld?  Nee wat, Whackhead se stemtoon en dié van ‘n mishoring is te eenders.  Hy probeer ook moerse hard om snaaks te wees.  Die moral van die story?  As Jeremy Mansfield in die water spring maak dit ‘n fokken groot wave wat mens kan ry vir jaaaaaaaaaare. SA radio presenters suck.

Radio Djs

Jakaranda, of wag, dis nou Jacaranda FM.  Jacaranda pis my af omdat they talks laaik dhis, and then skakel hulle so bietjie oor na Afrikaans, en dan they go back to English.  Waddefok?  Wie probeer hulle impress?  Mechanics in Proclamation Hill?  Dink hulle dat dit oulik is, of dat ons so praat?  Ek dink Rian van Heerden is skerp en baie snaaks, maar ongelukkig is Dianne Broodryk in die agtergrond met haar heks stem (klink of sy 45 sigarette ‘n dag rook) en dan natuurlik haar “lag”.  Want elke keer as iets remotely snaaks gesê word, doen sy haar impression van ‘n siek hadeda in die nood.  Notice hoe ek on purpose ook nou soos ‘n prik my tale meng!

702 is partykeer beter, maar daar is geen musiek nie.  Dit beteken mens moet vir 3 ure luister na John Robbie se afgewaterde Ierse aksent wat vir jou vertel hoe slim en reg hy is oor alles.  Gevolg deur Redi Tlhabi – laat ek maar liewers niks oor haar sê nie, ek beplan ‘n post met klank of ‘n podcast oor haar, want ‘n paragraaf of twee just won’t cut it.  Dan Jenny Crwys-Williams – ‘n ou tannie wat probeer klink soos iemand wat in die Royal Family is.  Meer aansitterig daag ek jou uit om te kry.

Elke advertensie (gewoonlik oor die radiostasie waarna jy besig is om te luister) moet meer ge-edit wees as die vorige een.  Dit loop gewoonlik so:  Iemand praat met ‘n vervelige stem oor iets met vals/vervelige/ou musiek in die agtergrond.  Dan is daar ‘n “turning point” in die 30 sekonde advertensie, waar die bass uit die persoon se stem verwyder word.  Dan kom die bass terug in die persoon se stem en ander musiek speel in die agtergrond – meer “hip” musiek wat “fun” en “lekker” klink.  Outomaties is dit nou “koel”, en die boodskap word oorgedra.  Waddefok?  Hierdie mense dink duidelik ons is baie stupid.

Die punt van hierdie post?  Jare se venting, en om te kyk of ek die enigste een is wat geirriteerd raak wanneer ‘n random stem elke 5 minute “The complimentary breakfast” sê asof sy dit vir verstandelike gestremde 4-jariges sê.  Hoekom kan ons DJs nie lyk soos die gevaaalike dame hier onder nie? Praat van gesigte vir radio hier in Suid-Afrika…

Na watter radio stasie luister jy? Luister jy radio? Wie irreteer jou die meeste? Laat weet ons in die comments.

Sexy Radio DJ

 

 

 

 

 

You may also like...

19 Responses

  1. Thysman says:

    Dude, ek stem 100% saam met jou, Tuks speel nog soms ok musiek, maar ek kan die DJ’s nie hanteer nie. Hulle moet elke show probeer bewys hoe cool hulle is deur “snaakse” topics uit te dink om oor te praat, en hulle love hulle eie stemme. Niemand wil luister hoe hulle praat nie, speel net musiek dammit, en shut up! Jacaranda…no comment. Highveld, wel jy het klaar die probleem met hulle genoem. Daar is letterlik geen goeie radios stasie nie. Na watse radio stasie luister ek….na my flashdrive.

  2. Chantelle says:

    Al waarna mens deesdae kan luister is The Grind Online radio. Die res is te kak en irriteer my net. Especially die snotkoppe op Tuks fm. En ek wil daagliks my polse afkou op kantoor waar ek forseer word om na Highveld te luister. Bleh. So all in all het ek nie net 1 DJ wat my afpis nie… dis radio stasies in die geheel…

  3. Cronje says:

    Ek het lank laas sulke ware woorde gehoor. Daar is deesdae min mense op radio wat nie die kak uit mens irriteer nie. Daar is darm nog 5fm. Hulle word deur die sabc gerun so hulle moet maar die beste maak van die hele situasie. Ons almal weet banto education is kak maar highveld en jacaranda vat die koek.

  4. Charl says:

    Alles op die radio is kak, dit is net die graad wat verskil! Die beste wat n mens kan doen is om die stasie te verander as jy iets nie meer kan handel nie en ongelukkig gebeur dit te gereeld… so ek luister na my iPod.

  5. Eenhond says:

    Die laaste goeie radio show was Rude Awakening. Dis eintlik verstommend dat Whackhead so lank hou.
    5fm se musiek is soms maar kak maar die presenters soos dj Fresh en selfs Rob Vembe is heel oraait.
    Jakaranda kan mens ook nie eintlik luister met hulle repeats van the 80s 90s en now nie. Like vir Rian en selfs Barney Simon se kak praat. Ek weet nie hoe enige iemand na Martin Bester kan luister nie, want dit klink of sy sponsors presies vir hom sê wat om te sê. Nog nooit gehoor dat hy sy eie opinie lig oor iets nie altyd op die draad.
    Die kakste show in die geskiedenis was daai fokken breinlose Grant en Anele gelukkig het Grant gaan kyk of hy budist is en Anele is ongelukkig nog op die lug.
    Dit lyk ook of Gareth Cliff dalk sy gat vinniger gaan sien as verwag.
    Ek dink ñ nice radio stasie wat ongelukkig net op die internet beskikbaar is, is Darren Scott met sy ou buddies by Ballz radio.

  6. Speensalf says:

    Janee jy praat reg. Maar mense het gou vergeet hoe groot doos Je-remy was op die lug. En huidiglik ou Riantjie ok. Nee wat ek slat werk toe met my eie playlist en skakel net oor vir die nuus sou ek die lus kry.

    Ek wonder wie wissel ook deesdae van die Afrikaans na die Engels toe…. Shit man, dit val my nie nou by nie…. 🙂

  7. Marnits says:

    Die kakste show wat jy kan luister hier in die Kaap is seker op Goodhopefm. Waar het hulle vir Nigel Pierce gekry? Die goed wat hy se op sy show maak nie sin nie byvoorbeeld soos “wakker pie” en “are you dancing ‘coz I’m askin’?” Wie de fok se sulke kak terwyl n dj n lekker tune tokkel op n Vrydagoggend?

  8. Baarshaas says:

    RSG is baas.Net die radio stories is tight.5Fm maak my moerig

  9. pisgesig says:

    Wow! Goeie artikel. So bly om te hoor dis nie net ek wat so voel nie. Soos almal hier stem ek 100% saam – met alles wat gesê is. Ek luister ook maar net die nuus, op 702, maar sodra Robbie sy opinie begin lig wil ek in my broek skuie.

    Partykeer, as ek vroeg by die werk kom, en my radio vergeet het op 702, tref Jenny watookal-haar-pretentious van is(nog ‘n ding wat my gruwelik afpis, dubbel vanne), my soos ‘n straal kots in die gesig as my kar aanskakel vir die trip huistoe. Ek kan doodeenvoudig net nie daai tannie hanteer nie. Kies een surname fok!

    Ek het laaank terug vir so week of 2 vir Tuks FM gewerk, en glo my, ‘n student DJ is DIE mees narcissistic, boring, snotkop, slangkak, know-it-all, fucked up mens wat jy kan kry. Ek was aangestel as ‘n techie(dra speackers rond etc.) – maw ek was nie in die DJ’s se league nie – en hulle maak seker jy weet dit. Party van hulle het doodgewoon my ignore as ek met hulle praat. Ek glo hulle ontgroei dit seker, maar fokkit, wat ‘n stel dose!

  10. Scuba Steve says:

    Ek’s baie bly almal stem saam, so ek voel nou minder uit.

    @pisgesig: Bra ek het myself natgepis vir jou kotsstraal comment, brilliant.

    @Baarshaas: Daai stories is wel nogals entertaining en baie nostalgies, en dis altyd funny om laat in die aand/vroeg in die oggend te luister watse weird mense nie kan slaap nie en op Sutherland/Volksrus/[Insert klein dorpie] bly.

    @Marnits: Sê jy dat Nigel Pierce daai kak kwytraak TERWYL ‘n song gespeel word? WTF?!

    @Speensalf: Yes ou vet Jeremy het gedink hy is die shit, terwyl hy ‘n paar agter was. Subtiele hint gevang 🙂

    @Eenhond: Ja ek dink ook Darren Scott is sharp. Hy sê dit soos dit is, dis net jammer oor sy rassistiese uitlatings wat veroorsaak het dat mens hom nou net op die internet kan luister. Hy was baie goed op Jakaranda, jammer dis JaCaranda FM, was ook net jammer oor daai Diane Broodryk heks wat heeltyd sulke Hadeda geluide in die agtergrond maak op snaakse tye. Dis nou tussen sigarette. Blegh.

    Ek sal nou maar die knock vat en nog meer radio luister sodat ek kan terug rapporteer oor ‘n rukkie. Miskien skrik van die radiostasies dan wakker en kry ordentlike mense om DJ’s te wees.

    Wish me luck…

  11. Spoonboy says:

    Ja kyk traffic radio is ‘n sensitiewe saak… oggend en aand… Ek het prettymuch die ellimination game reeds gespeel; 702 praat eenvoudig te veel kak wat my bemoerd maak, en die random mense wat hulle straaltjies wil in pis irriteer my. Jacaranda FM wiff all wfere afrikaans en ingils werk ooknie. Dan, 94.7… kyk, Wank Head se stem irra my soms maar die mense maak my soms smile…maar dis van korte duur want dan kom daar 26 advertensies aan, en na dit sit hulle hul favorite mix tape wat jy dan heel fokken dag kan luister op 94.7 want dit herhaal mooi. Nie net dit nie, die musiek in itself is net kak.

    Kyk, en dan ‘n spesiale fuckyou vir die middag DJ op Highveld – Anele (of Anal soos ek haar rope). Nee kyk, ek vou baie eerder my kar rondom ‘n e toll gantry of gaan parkeer hom onder ‘n superlink trok voor ek na daai kak moet luister. Ek probeer nog besluit wie kook my bloed vinniger – sy of Malema. Nee stilte is verseker ‘n beter opsie as sy.

    So my opsie is maar Tuks. Love die musiek, love die jonger mense, maar ja ek smile soms as ek hoor van die 20yr olds wat praat oor kinders grootmaak en sulke goed. En Tuks soek net dat jy moet opinie in SMS sodat hulle R2 kan kry om fok weet wat mee te doen.

  12. Anushka says:

    Grind Radio is ook nogal ‘n pot kak. Wannabe’s wat dink omdat hulle op die internet ipv FM is dit ‘n verskil maak aan hoe hoe irriterend hulle is.

  13. Anon says:

    Download ‘n programmetjie genaamd Radio Sure! en luister na Kazaa. Lekker Rock en as jy gatvol raak daarvoor is daar duisende ander om van te kies.

  14. Anon says:

    LOL, Kazaa? (Dis nou ‘n flashback) Kerrang radio.

  1. August 22, 2014

    […] een Saterdag een of ander tyd op die site verskyn. Loer gerus na Scuba Steve se ander werk, soos sy stukkie oor SA se radio DJs. Of gaan loer na die Naas Botha p-Bomb […]

  2. October 22, 2014

    […] COM" in 'n fluisterstemmetjie wat klink asof sy praat met verstandelik gestremde 5-jariges.  Soos Jakaranda FM het. […]

  3. January 9, 2015

    […] om na oor die 70 000 live radiostasies offer, for free om na te luister. Bye bye, Kakeranda FM en niksseggende SA radio DJs. Om internet entertainment te stream in jou kar is al ou nuus in lande soos 'Murica en ek is bly om […]

  4. November 24, 2015

    […] dink my musieksmaak is alternative. ‘n Alternative tot wat jy op die fokken radio in Suid-Afrika gaan hoor. Ons speel niks Adele in hierdie huis nie. Maar ek luister na Jimi Hendrix, Tool, Nine […]

  5. June 21, 2016

    […] koffie en rook dalk ‘n Stuyvie. Dan sit in die verkeer en luister op die radio na ‘n fuckface aanbieder en ‘n klomp losers wat skreelag vir enigiets wat hy […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *