Queens Of The Stone Age – Little Sister

Queens of the Stone Age is een van die bands wat verseker nog Suid-Afrika toe moet kom. En nadat Eagles of Death Metal by Oppikoppi was die jaar is daar ‘n goeie kans dat dit sal gebeur. Josh Homme is after all ‘n lid van altwee die bands, hy toer net nie altyd saam met Eagles of Death Metal nie. Kom ons hou duim vas.

Queens-Of-The-Stone-Age

Queens of the Stone Age se nuwe album kom ook volgende jaar uit, blykbaar voor hulle optrede by Download in Junie. Dave Grohl is weer die op die dromme vir die nuwe QOTSA album. Na die uitstekende werk wat Dave Grohl gedoen het op Songs for the Deaf (nou beskikbaar vir slegs R49.95 as jy daardie link volg) is dit glad nie verbasend dat hulle hom weer terug genooi het vir die nuwe album nie. Daar is selfs sprake dat Trent Reznor ‘n guest op die nuwe QOTSA album gaan wees. Ek kan nie wag vir die nuwe Queens of the Stone Age album nie en dus het ek besluit om vandag een van hulle video’s met julle te deel.

You may also like...

3 Responses

  1. April 9, 2013

    […] Queens of the Stone Age het onlangs 'n live performance gedoen waar hulle al die musiek van hulle nuwe album gespeel het. Gelukkig vir het hulle die eerste single van hulle nuwe album, …Like Clockwork, op die internet vrygestel vir die van ons wat nie by die show kan wees nie. Die eerste single se naam is "My God is the Sun" en hier is die voorsmakie hier onder. En asb al julle religious zealots wat nou weer gaan freak oor hoe satanisties die song is, save it. Ek gaan steeds vir die res van die dag net na die song luister. […]

  2. July 12, 2013

    […] 'n stadium sing Josh Homme baie trots "I blow my load over the status quo" en soos met elke Queens of the Stone Age album […]

  3. January 13, 2014

    […] ek is op die Josh Homme trien vandag. Wat kan ek sê? Ek is 'n fan. Dit is ok as jy nie is nie, dit gaan niks verander aan […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *