Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Ordinary Criminals – The Dagga Couple TedX talk

Eendag gaan ons terug kyk na die prohibition van dagga soos wat ons nou kyk na die stenig van mense omdat hulle dink die aarde is rond, en chemical castration van gay mense. Dit is hoe belaglik die prohibition van dagga eendag gaan wees vir ons almal. Tot dan kort ons mense soos Jules Stobss en Myrtle Clark, die Dagga Couple.

The Dagga Couple - TEDx - Ordinary Criminals

Jules en Myrtle is uit die kas van responsible dagga gebruikers forseer deur die draconian dagga wette in Suid-Afrika. Omdat daar dagga in hulle huis gekry is, is daar ‘n kans dat Jules en Myrtle 7 jaar in die tronk gaan moet sit. Dit, en ‘n lewenslange kriminele rekord vir ‘n paar joints en so bietjie dagga. Dit is nou dieselfde dagga wat nog nooit ‘n enkele dood veroorsaak het nie, en nie naby so skadelik is vir jou soos wat alkohol is nie.

Tog is die Dagga Couple nie alleen nie. Daar word daagliks Suid-Afrikaners gearresteer vir dagga besit, groei en gebruik van dagga. Die naweek wat verby is, is daar oor die 30 mense vir dagga offences gearresteer by Rocking the Daisies. Al hierdie mense kan moontlik ‘n kriminele rekord kry wat dit basies onmoontlik maak om ‘n werk te kry.

Daar word die indruk geskep dat dagga gebruikers in die tronk gegooi moet word om hul te beskerm van hulself. Maar wat is regtig slegter vir jou gesondheid, ‘n bietjie dagga, of tyd in ‘n Suid-Afrikaanse tronk? Ons het ‘n probleem en Jules en Myrtle het onlangs hulle storie gedeel by Tedx Cape Town.

Die Dagga Couple vertel hoe hulle geforseer is in die posisie van Dagga Couple in, en hulle vertel ook van hulle non-profit organisasie Fields of Green for All. Hulle praat ook oor Join The Queue, waar hulle probeer om Suid-Afrikaners te help wat gearresteer is op dagga verwante sake.

As jy nog nie die Dagga Couple se storie heeltemal ken nie, kyk asseblief die video hier onder en deel dit met jou vriende. Suid-Afrika is die eerste land wat dagga-gebruik onwettig gemaak het, en as ons almal saam staan teen die sinneloosheid van dagga prohibition kan ons dit hier in Suid-Afrika stop sit ook. Jy dink dalk jy kan nie ‘n verskil maak nie, maar jy kan deur eenvoudig hierdie video te deel op Facebook en Twitter.

You may also like...

1 Response

  1. June 1, 2016

    […] in Suid-Afrika. Hulle praat oor die dagga-situasie in Suid-Afrika die hele wêreld oor en hulle Ted Talk in die Kaap vertel hulle storie mooi. Hulle het selfs ‘n non-profit gestig om te help om […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *