Vyf dae tot Snorgustus

Maandag is kak, maar die week van Snorgustus het uiteindelik aangebreek. Binnekort gaan ons saam party soos diere met snorre. So vir die laaste keer die jaar bring ek vir julle al die details van Snorgustus 2011.

Op 27 Augustus 2011 begin Snorgsuts 2011 met ‘n bang regstreeks om 11:00 voormiddag (dis AM) by Aandklas Hatfield. Vanaf 11:00 tot en met 18:00 gaan daar lieflike drink specials wees. Hierdie specials lyk as volg: Local Biere is R10, Ciders is R12, ‘n Double en mix is R15, shooters R10. Alles spotgoedkoop, so daar is geen verskoning om nie ‘n drink te hê nie.

Daar gaan ‘n paar plekkies wees waar jy kan braai. Daar sal charcoal en aanstekers wees, so bring net jou vleis. Jy kan dan ook by Aandklas vir jou pap en sous of chips bestel om saam met jou vleis te tand.  Daar sal twee ekstra braaiers in die parkeerarea agter Aandklas wees, asook ekstra plek om te sit. Dan is daar ook so ‘n paar braaiers in Aandklas self.

Daar gaan plek wees om coinage te speel, maar jy moet jou eie shots koop. Gelukkig was Aandklas vriendelik genoeg om Zappa Sambucca tot ons beskikking te stel teen slegs R5 ‘n shot. Dit is belaglik cheap, so coinage gaan daar gespeel word. Dan gaan Beerpong ook gespeel word, so kom wys jou mad skillz.

As jy nog nie gatvol geparty is teen 18:00 nie, begin daar ‘n Jagermeister special wat tot 21:00 aangaan. Jy kan vir jou ‘n shot Jager koop dan teen R14. 19:00 begin die groot pret met die Mnr. en Mej. Snorgustus. Ouens wen vir die zefste/coolste snor en die dames wen met die beste fake snor. Bribes vir boobs en boude flash word aanvaar vanaf mesies, ouens hou asb. jou man dele vir jouself, niemand wil dit sien nie.

Daar gaan lekker pryse wees. Daar is op die dag drie Jägermeister hampers en drie Klipdrift hampers om te wen. Daar gaan lekker geparty word. Ons gaan rugby kyk. Ons gaan dans. Ons gaan jolig wees. Ons gaan mal wees. Ons gaan onbeskof wees. Ons gaan rof wees. Alles saam met jou. Free for nothing. Sien julle daar vir die party van die jaar!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *