Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Obsessie met Als

More aan almal vanoggend. Dit is Maandag ja. Kom ons begin sommer met ‘n nuwe up and coming SA rock talent. Ontmoet vir Obsessie met als. Julle kan van hulle songs hoor op hulle Facebook Fan Page en as jy dit baie smaak kan jy die vollengte album by Look & Listen koop.
Ons het onslangs die kans gekry om hulle so paar vrae  te vra:
gevaaalik.com: Eerstens vertel ons wie is Obsessie met als. (Members se name? Wat elke member doen? Waar is julle vandaan ens.)

Obsessie: Obsessie met als is:
Pierre van der Naam – Sang/Kitaar
Heinrich “vollie” Volschenk – Drums
Evan Scheepers – Baskitaar
Gebore in Paarl, Daarna verhuis na Stellenbosch, Strand en nou weer terug in Paarl
gevaaalik.com: Hoeveel song het julle nou al uit en wanner kan ons ‘n vol lengte album verwag?

Obsessie: Ons het reeds ‘n vollengte uit, Wat ons laas jaar Februarie 2010 uitgesit het. Hy is beskikbaar by Look n Listen land wyd. (So help ons uit)
gevaaalik.com:  Wanner julle sit om songs te skryf, verduidelik vir ons die proses, waar begin julle, en hoe kom dit tot ‘n song wat julle live kan preform?

Obsessie: Ons spandeer soos ‘n langtyd in die “band kamer” toe gesluit, met baie drank en siggarette en idees van elkeen se kant af. Van daar af vat ons dinge stap vir stap en maak seker elke song is as “tight as hell” voor ons dit op die verhoog vat.
gevaaalik.com: Waar kom julle lirieke vandaan?

Obsessie: Laat aande as Pierre in sy voertuig rond bestuur en gevaarlike dinge langs die pad sien kom die lirieke van self in sy kop. Verder is dit maar iets wat in ons elkeen se lewe gebeur.
gevaaalik.com: Watter bands influence julle? Na watter bands kyk julle op? En ook waarna luister julle ouens op die oomblik?

Obsessie: Influence: Led Zeppelin, Deep Purple, Paramore
Luister na op die oomblik: Rise against, Paramore, The Maine, You me at six.
gevaaalik.com: Wat is julle planne vir die volgende jaar of wat?

Obsessie: Planne? uhm. Fokkit op die oomblik vat ons als soos wat dit kom. Besig om vir die volgende twee maande nuwe material te skryf. Daarna beplan ons om die feeste te klap, nog ‘n video of so uit te gooi voor die einde van die jaar en ‘n draai by die Studio te gaan maak vir ‘n EP. Voor die einde van 2011.
gevaaalik.com: Hoekom het julle ‘n band begin?

Obsessie: Dis iets anders as om heeldag in ‘n kantoor te sit. Jy ontmoet nuwe mense, sien ander plekke, en kan heeltyd drink en lyk soos wat jy wil. (niemand judge jou nie want hulle kyk op na jou)
gevaaalik.com: Wat is die gevaaalikste tune wat julle ken om teels op te smelt, ons hou baie van ou dance tunes uit die 90’s, soos die Mortal Kombat rave tune.

Obsessie: Einige Roxette nommer en natuurlik die OORSPRONKLIKE  Maniac tune… nuff said.
gevaaalik.com: Is daar al enige Obsessie met als groupies?

Obsessie: Hulle kom en gaan so. Hang af. Partykeer raak dit rof.
gevaaalik.com: Jy kan enige persoon van enige band kry om julle album te produce of enige producer, wie is dit?

Obsessie: Dave Grohl  – Lead singer van Foo Fighters
gevaaalik.com: As julle kon toer saam met enige band in die heelal, wie sou dit wees?

Obsessie: Led Zeppelin. Maar Waddy van Die antwoord moet die frontman wees.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *