Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Mal downhill mountain bike track word getoets

Ek weet nie veel van downhill mountain biking nie. Ek het al so hier en daar ‘n video op YouTube gekyk, maar dit is verseker nie iets wat ek volg nie. Die video van Gee Atherton wat die Red Bull Hardline track toets is mal. Ek het nog nooit so iets gesien nie. Ek glo wel dat daar nog baie sulke videos is daar buite, en die ouens vat kanse.

gee atherton tests hardline

Nie net is daar jumps in die track in gebou nie, daar is ook dele wat hy tussen bome deur vlieg. As jy daar val en ‘n boom tref gaan jy vrek wees, of die res van jou lewe gaan drasties anders wees. Hierdie first person perspective het veroorsaak dat ek heeltemal ‘n ander respek gekry het vir wat die ouens doen.

Tegnies moet die ouens ongelooflik goed wees, en dan om te dink die balls wat die ouens moet hê om dit te doen. Ek raak bang as ek net na dit kyk, en daar kan niks met my gebeur hier agter my lessenaar nie.

Is die ouens net mal, of is hulle ongelooflik braaf? Laat weet wat jy dink in die comments.

You may also like...

1 Response

  1. September 14, 2015

    […] grind, net minder sleg vir jou as ‘n KitKat. As jy iets anders wil sien wat baie cool is, loer na die downhill mountainbike video, dit is […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *