Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Lil Dicky – Too High

Jy en ‘n buddy het nou net ‘n gerolde-sigaret gerook wat vreeslik snaaks geproe het. ‘n Paar minute na julle gerook het, het julle onophoudelik begin lag vir die woord “lesbeer”. Jy het so erg gelag dat jy amper gekots het, never mind pee in jou broek. Die trane rol oor julle wange en eweskielik besef julle dat julle ongelooflik honger is, al het julle net so uur terug iets getand. Julle vang ‘n stappie na die kafee op die hoek en loop reguit na die lekkers en chips afdeling. Twee ure later staan julle altwee steeds en staar in stilte na die keurvolle verskeidenheid van goed op die rakke.

official-music-video-lil-dicky-too-high

Daardie hypothetical situation is iets wat miljoene mense ‘n dag ervaar regoor die wêreld. Dagga is steeds onwettig in meeste lande, tog het dit nog glad nie gekeer dat mense dagga gebruik nie. Snaaks hoe iets wat jou laat giggel, dink aan vreemde goed en jou honger maak, onwettig is oor dit “gevaarlik” is. Tog kan jy nou in enige drankwinkel in loop en vier bottels Stroh Rum koop en sodra jy by die huis kom twee van die bottels down. So paar minute later sal jy vrek van alkoholvergiftiging. Jy sal nie genoeg dagga kan rook of eet om dood te gaan daarvan nie, niemand het nog nooit geoverdose van dagga nie.

Lil Dicky het hierdie video gemaak oor wat gebeur as jy te veel dagga gerook of getand het. Dit is hilarious want dit spot met van die goed wat gebeur as jy gerook is, soos in die situasie wat ek aan die begin van die artikel geskep het. As jy wil weet hoekom dit soms so moeilik is om te fokus as jy gerook is verduidelik die video dit mooi. Of jy nou gepla is deur dagga of nie, geniet “Too High”. Dit is fokken snaaks. Ek het veral hard gelag vir wat die son doen as hy agter wolke in gaan, dit is aan die einde van die video rondom 05:00. Die song self is ook nogal catchy.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *