Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Kyuss – Shine!

Kyuss het oor die laaste paar maande een van my gunsteling bands geword. My peetkind (ja, iemand vertrou my eintlik om hul kind reg groot te maak as hulle nie kan nie) is een en ‘n half jaar oud en het onlangs toe sy by my gebly het my oorfone ontdek. Natuurlik wil sy toe ook maak soos ek en die oorfone in haar ore sit. Sy is versot op Smashing Pumpkins, maar het laasnaweek ‘n nuwe liefde ontdek vir Kyuss. Op een en ‘n half het sy reeds beter smaak in musiek as meeste ander Afrikaners.

Kyuss - Shine

So, wat is jou fokken verskoning Kurt Darren fan? Verduidelik asb vir my hoe jy reken jy kan vir jouself dink, maar jy luister steeds na Lianie Gay May? Op ‘n meer positiewe noot, dit is Vrydag! So begin jou naweek met ongelooflike goeie musiek van ‘n band wat ons ongelukkig nooit weer sal hoor soos hulle was in die dae toe hulle “Shine!” record het nie. Enige Kyuss album is ‘n wins vir ‘n musiekversameling, maar Muchas Gracias: The Best Of Kyuss is verseker nie ‘n slegte plek om te begin nie, vat my my peetkind se woord daarvoor.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *