Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Kry ‘n “closet” preek Angus Buchan

Volgelinge van die aartappelboer en lekepreker Angus Buchan is verslae na materiaal aan die lig gekom het wat Buchan dalk op hete kole kan sit. Me. Jeanne Baumhaus het aan gevaaalik.com gewys hoe Buchan se preke, wat veral onder manlike Skouspel-bywoners en boere populêr is, deurspek is van versteekte boodskappe. “Die boodskappe is so gekodeer dat meeste mense dit nie eens sal agterkom nie,” sê sy.

Volgens Baumhaus is veral “closet” een van die woorde waarvoor Buchan-aanhangers op die uitkyk moet wees. Baumhaus is tans besig met haar doktorsgraad aan die Universiteit van KwaZulu-Natal. Haar werk handel oor homoerotiese kodes by lekeprekers, en sy fokus veral op Buchan en sy aanhangers. ‘n Voorbeeld van Buchan se gebruik van die “closet”-konsep, soos Baumhaus daarna verwys, is sy preek op Nuweland (13 September 2008):

Jesus taught that each of His followers must have a “closet” where you can meet with God.

Buchan is al in die verlede van homofobiese gedrag beskuldig, en daar was in baie geledere konsensus oor die “domonnosele aard” van sy preke. Maar dit blyk nou dat sake heel anders kan wees.

“Die subliminal messages is niks nuuts nie,” sê Babs Nortjé, voorsitter van die Pretoriase organisasie Ma’s wat Omgee (MWO). Nortjé en MWO voer aan dat Buchan se verskuilde pro-gay boodskappe skadelik kan wees vir die samelewing. “Dit is so oud soos die mensdom self. Alice Cooper, KISS, Queen, Metallica – hulle het dit almal gebruik om ons kinders na die Satan te lei. Gelukkig was Jan de Wet en die Loflaaities baie meer produktief, so ons kon die balans herstel deur ons kinders elke twee maande bloot te stel aan nuwe Loflaaities-musiek.” Mevrou Nortjé sê verder dat Buchan se gebruik van die sg. subliminal messages te verwagte is. “Lady Gaga doen dit dan selfs, hoekom nie oom Angus nie?” Nortjé het ook verwys na ‘n Mighty Men byeenkoms jare gelede in Pretoria, waartydens Buchan die skare se aandag op ‘n “hartvormige” wolk gevestig het. “Dít terwyl ons almal duidelik kon sien dit lyk meer soos ‘n penis,” sê sy.

Jeanne Baumhaus het ook Nortjé se bewerings oor verskuilde boodskappe bevestig, en bygevoeg dat Buchan se Mighty Men in baie opsigte ooreenstem met die beeld van die diskoteek-groep Village People. Dié groep het veral in die 1970’s bekendheid verwerf met hulle liedjies “In the Navy”, “YMCA”, en “Macho Man” en hulle uitrustings. Hulle het ook ‘n groot invloed gehad op die manlike ontkleedans-bedryf, Afrikaner-rampartye, en die Siener van Rensburg-mitologie.

Hoewel sy invloed die afgelope jaar verswak het, is Buchan nog welbekend in Suid-Afrika. Volgens Baumhaus is Buchan se retoriek (“macho mans wat hulle manlikheid konstant moet herbevestig”) amper identies aan die populêre beelde van Village People. “Buchan is egter ook vernuwend,” voeg sy by. “Hy het die beeld van die macho gay cowboy, boer en rugbyspeler heeltemal getransformeer en toeganklik gemaak vir Afrikaner-mans. En dit alles deur ‘n prekery en fundamentalisme!”

Toe sy gevra is oor die invloed wat Buchan se retoriek op die samelewing het, het Baumhaus sonder twyfel geantwoord. “Kyk, sy preke is eintlik oppervlakkig en agterlik. Sy aanhangers se homofobie spruit soos die term aandui uit vrees en onkunde. En ‘n goeie helping denial. Dit is fantasties dat wanopvattings van heteroseksuele mense ironies genoeg deur hulself ondermyn word.”

You may also like...

6 Responses

  1. YNM says:

    Ek verstaan glad nie waar die vrou vandaan kom nie.

    Ek dink haar opinie word gefariseer deur een van drie goed.
    1- Of haar broer of pa is n homo
    2- Of sy is jaloers omdat daar nie n voue kamp gehou word nie (duidelik omdat sy nie weet wat daar aan gaan nie)
    3- Of sy swot daai stront nou al so lank dat als wat gese of geisen word is vir haar tekens dat die hele wereld verval in een groot gay orgie.

    En dan die ander vrou. Voorsitter van die (MVO). In die eerste plek, wie op aarde het gedink dis n goeie idee om so n organisasie te stig? Dit is nou weer heelmoontlik net n klomp huis vrouens wat niks beter gehaad het om met hulle tyd te doen nie en die ander mense rond om hule n moeilike tyd te gee.
    Miskien as sy bietjie meer van n ma is en haar kinders kerk toe vat en van God leer sa hulle nie by die duiwel se deur gaan klop net omdat haar kinders metallica,KISS en Queen (wat almal uitstekende artists is ) luister nie.

    Ja ons almal weet ou Freddie was nie een van die beste rol modelle gewees nie, maar dit beteken nie ek gaan nou soos Gaylord folker in spandex e silk serpe rond hardloop en als wat ngat het probeer molesteer nie.

    Ek se los die dude uit. Daar is baie christen mense wat antwoorde soek en hulle lewe wil omdraai of verbeter. En baie van hulle kry dit deur sy preke reg. So big up vir hom. As die mense nie saam stem nie moet dan nie na hom luister nie. So eenvoudig soos dit.

    As ek nie saam stem met wat n jehova’s witness te se het nie gaan ek hom nie beledig of praaitjies kry om dit te verkondig nie. Ek gaan net eenvoudig nie luister wat hy se nie en my eie pad stap.

    Ek dink hulle moet maar meer fokus op goed wat wel n probleem is. As hulle so behep is met homoseksualiteit, hoekom gaan praat hulle nie direk met die homoseksuelle mense nie?

  2. Joe says:

    Hier’s vir jou ‘n woord: “satire”.

  3. Bennie says:

    As mesn fout soek sal mens fout kry.Soek eers die fout by jouself dan sal jy sien waar daar eintlik fout is

  4. Stix says:

    Hey bra Bennie, thanks vir die visit. Keep spreading the word. Jy is ‘n legend.

  5. flip de beer says:

    Graag wil ek flip de beer vir die vrou se dat sy nie baie vars dink nie. Jy gaan eendag betaal vir die woorde wat jy teen n kind van God se Hy is n gesant van God wie gee vir jou die reg om so te praat teen God se kneg ek skaam my vir jou regtig en jy is seker een van daai wat se dat Homo s reg is. Ek is nie bang wat ek hier se nie ek staan op die woord van God sorry vir jou en al die homo s as so n persoon hom nie bekeer nie en van sy sonde af weg kom nie gaan hy of sy he’ll toe Ek glo die woord van my God wees versigtig wat jy se van die christene jy gaan eendag betaal vir jou woorde as ek jou raad kan gee vra vir God onverskoning en vir hom wat jy aangevat het en gee jou hart vir Jesus Christus van Nasaret dan sal jy n beter mens wees dan kan jy deel van die famielie wees en as jy my wil aan vat oor enige iets oor die Bybel hier is my no a 060660 5251 try my maar los my broers en susters uit ek wag vir jou oproep groete flip de beer Rustenburg

  6. Spyker says:

    Ek het myself sopas natgepis. Ek voel niks teenoor Angus en ook niks vir hom nie. Ek dink net dat sekere mense heeltemal die dam onder die eend uit ruk. As dit nie He-man en fokken dinosaurs is wat satanisties is nie, hoekom nie ook valse profete nie. Damned if you do, damned if you don’t. Flip de Beer, jy is verskriklik aggresief. Relax ou perd. Haal asem en gebruik kommas en punte dan sal mense ook lekker saam kan lees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *