Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Kry die meel en smelt… Ek sê fokken smelt

Jis Jis brasse,

Ek’t ‘n ekstra huppel in my knuppel vandag, want dis fokken Vrydag. Ek is bewus van die feit dat ek dit nie vir julle hoef te sê nie , maar wie de fok worry inelkgeval? Dis die enkele dag waarvoor ons almal werk. ‘n Hele naweek se moontlikhede lê voor jou stoep, al wat jy moet doen is suip en dit geniet, dis regtig nie te veel gevra nie.

Ons het hierdie week November se virginity gebreek en die Desembervakansie lê om die draai. As jou glas altyd halfvol is voel jy reeds die “festive season” se energie in die lug, ‘n atmosfeer wat slegs tasbaar is met jou innerlike drang na ‘n meelvloer.

Fok, ek praat myself nou so lus vir vakansie en oorweeg dit om met ‘n bottle rum na die naaste kus toe te hike. Ek’s ‘n pendelaar in my eie fantasie. Vandag se Vrydag Party Song is geen ander band as Coldplay nie. Definitief een van my gunstelinge op hierdie stadium. Hierdie song, “Charlie Brown”, is live opgeneem op een van die Letterman shows. Chris Martin wys ons behoorlik hoe om die teels te smelt in hierdie pragsnit van vier minute. Wie het gesê jy kan nie dans terwyl jy ‘n kitaar laat skree nie?

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *