Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Julius kry wat sy kant toe kom

Julius Malema is in die kak. Uiteindelik. Na meer as ‘n jaar van onnosel gedrag het die ANC besluit om die dom gemors aan te vat oor sy optrede. Die ANC het hulle tyd gevat met die saak, maar nadat Julius sy bek gerek het oor Botswana kon hulle nie wag om hom aan die strot te ruk nie. Kom ons vergeet maar van die feit dat hy homself soos ‘n kont gedra het teenoor meeste Suid-Afrikaners vir ‘n lang ruk voor sy kommentaar oor Botswana.

Julius verdien baie meer as ‘n verhoor voor die ANC, volgens my. Maar ek kan nie sê wat ek dink met hom moet gebeur nie, ek sal in die moeilikheid kom. Gelukkig is die Valke en die Openbare Vervolger ook op Juju se case. Dit is effe erger as ‘n interne verhoor deur die ANC, want dit kan lei tot ‘n oopgerekte gat vir Julius in die tronk. Ek like die ou so min ek hoop hulle gee vir hom fokol Vaseline.

On-Point Engeneering word ondersoek deur die Openbare Vervolger, ‘n maatskappy waarmee Julius te doen het. Die ondersoek gaan oor tenders wat deur die maatskappy gekry is in Limpopo vir paaie en vervoer. Die Valke aan die ander kant onder soek die perd oor korrupsie. Fokket, dit het lank genoeg gevat.

Nou moet ons maar net wag en sien of ons regbank eintlik vir Malema sal laat toesluit. Fok ek hoop so. Julius het immers ‘n opgeskorte vonnis oor hy sy baas Jacob Zuma sleg gesê het. As hy weer skulding bevind word is hy uit die ANC. Al het Julius om verskoning gevra vir wat hy gesê het teenoor Botswana blyk dit of die ANC ‘n mes in het vir Julius die keer. Kom ons hoop hulle steek raak.

Julius ons dink aan jou, konstant. Ons hoop jy eindig in die tronk op.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *