Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Hou Bitstrips van jou Facebook account af

fuck-off-your-bitstrips-suck

Facebook (en jou sogenaamde “vriende” op Facebook) het die vermoë om baie vinnig baie irreterend te raak. Onlangs het Bitstrips veroorsaak dat baie van ons Facebook haat. Die probleem met die Bitstrips is dat dit enige persoon die vermoë gee om ‘n situasie van sy lewe uit te beeld. Dit klink nie soos ‘n moerse probleem nie, tot jy onthou dat meeste mense se lewens ongelooflik boring is. So boring dat hulle sit en fokken Bitstrips maak. Dit het Facebook amper ondraagbaar gemaak.

Soos alle internet foefies sal Bitstrips nie lank hou nie. Ky maar hoe het “Planking” gevaar. Gelukkig haat ons Bitstrips net so baie soos jy en ons het uitgevind wat jy kan maak om Bitstrips van jou Facebook timeline af te laat verdwyn.

Bitstrip blocking method

How to Block Bitstrips on Facebook

  1. Vind een van die vertraagde Bitstrips op jou Facebook timeline. Behoort nie te moeilik te wees nie.
  2. Wanneer jy een kry, click op die af pyltjie in die boonste regterkantste hoek van die post, dan sal jy ‘n paar opsies kry soos in die image hier onder. Click die “Hide all from Bitstrips” opsie en siedaar, dit sal lyk of jou Facebook vriende se IK’s eweskielik gespring het en hulle agtergekom het hoe dom Bitstrips is.

Ons hoop dit help. As jy ‘n probleem het waar jou vriende heeltyd Bitstiprs post sal ek voorstel jy share die link na die post in jou Facebook status en help hulle bietjie uit.

You may also like...

2 Responses

  1. pisgesig says:

    Hier is nog raad vir mense wat Bitstrips(en soortgelyke useless drivel) haat :
    1. Delete jou facebook account. Niemand gaan jou mis nie, almal is druk besig om hulle eie posts\status\wall\albums te bewonder.
    2. Moet NOOIT weer inlog nie, selfs nie om te sien of jou account actually nog bestaan nie. As jy dit doen re-activate hulle summier weer die bliksemse ding. Maak seker geen van jou devices kan nog inlog nie : foon, tablet, yskas, sex toys…
    3. Welkom terug in die regte wereld

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig: As ek jou comment kon “like” sou ek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *