Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Samuel L. Jackson vs. Apple se Siri

Apple is baie trots op Siri, die nuutste gimmick wat nou al ‘n hele ruk saam met iPhones uitkom. Siri is basies ‘n slim rekenaartjie waarmee foongebruikers kan praat. Toe Apple aanvanklik vir Siri aan die wêreld bekend gestel het, het nerds regoor die wêreld in hulle broeke gecream – selfs meer as toe hulle die fliek Beowulf gaan kyk het en amper Angelina Jolie se kaal boobs kon sien.

Hoewel Siri nerds bevredig, is sy (in Amerika is Siri se stem vroulik) eintlik daar om gebruikers te help (op ander maniere as weirdo-draadtrekmateriaal). Jy kan byvoorbeeld vir Siri sê dat jy lus is vir McDonald’s, en sy sal dan vir jou die naaste een vind. Natuurlik het mense goed begin vra soos “What is the meaning of life?” en gou het hulle besef dat Siri fokken droog kan wees wanneer sy sulke vrae beantwoord. Ander gebruikers het ook gevind dat sy nie altyd so goed werk nie, en daarom is die internet vol hilarious voorbeelde van weird Siri-antwoorde, en ook so nou en dan ‘n parodie. Hier is Samuel L. Jackson in ‘n gesprek met Siri, die motherfucker van ‘n iPhone app.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *