Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Hoe was jou naweek? Podcast met Stix 2019-03-04

Kan jy glo ek het weer ‘n podcast uit op die interwebs? ‘n Afrikaanse podcast nogal. Natuurlik het ek al so paar weke hier en daar gemis, maar dit gaan beter as wat ek ooit gedink het ‘n solo podcast van my af sal gaan.  Hier is dus ‘n nuwe episode van die “Hoe was jou naweek?” podcast met Stix.

Praat ek van myself in die derdepersoon soos ‘n regte doos.

Dis ‘n Afrikaanse podcast, nie ‘n Afrikaanse potgooi nie

Dit is ook nie ‘n potsending nie. Dit is ‘n podcast. Ek gee nie om wat die Afrikaanse Taalkommissie of RSG sê, die woord is podcast. Ek het ook nog nie elke week dit reg gekry om die “Hoe was jou naweek?” podcast te post op gevaaalik.com nie. Ek het dus die laaste twee episodes hier onder vir julle.

Waar kan jy Afrikaanse podcast “Hoe was jou naweek?” luister?

Jy kan ook net op watter podcast app jy ookal gebruik gaan soek vir “Hoe was jou naweek?” en dan sal jy die podcast kry. Bonus punte vir die van julle wat die podcast gaan rate en review op iTunes en Apple Podcast.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *