Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Godsmack – Cryin’ Like A Bitch – ‘n video met lekker knock-outs

Ek is nie regtig ‘n Godsmack fan nie. Ek hou van so paar songs, soos “Cryin’ Like a Bitch”. Dis nie ‘n slegte song nie, maar die video is wat die song maak. ‘n Leser van gevaaalik.com het so rukkie terug die link na die video aan my getweet.

Godsmack Cryin Like A Bitch

Ja, jy sien die band ook, maar daar is lekker footage van so hele paar UFC fighters. Vir UFC fighters is MMA nie net ‘n stokperdjie nie. Dit is nie dat hulle heeldag werk en dan die “gym klap” na werk nie. Vir hulle is oefen vir fights hulle werk. Want hulle gaan immers in ‘n cage in klim saam met ‘n ander ou (of vrou in sommige gevalle soos die) en hulle gaan mekaar pretty much probeer doodmaak.

Ja, vir 3 rondtes van 5 minute (of 5 rondtes as dit ‘n title fight is) is die enigste doelwit om die ander ou uit die fight uit te haal voor hy jou kan uithaal. Of jy hom nou gaan choke, ‘n arm/been gaan buig soos hy nie gebuig moet word nie, of die ou uitslaan, dit is al hoe jy kan wen. Geniet die Godsmack video, daar is ‘n hele paar cool knock-outs in die in die video.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *