Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.comedy Podcast #66 – Willim Welsyn Podcast

Die week het ek in Willim Welsyn se garage gaan sit in Bellville om hom bietjie vrae te vra oor hoe hy die naam Willim Welsyn gekry het, tot die nommer 1 podcast op iTunes. Die episode van die gevaaalik.comedy Podcast is bietjie anders: Sven is nie in die episode nie en die kwaliteit van die recording is beter oor ons dit op Willim se equipment record het.

As jy direk na my gesprek met Willim wil skip, gaan net na 03:25 toe in die podcast.

Gevaaalik Podcast #67 - Willim Welsyn Podcast

Willim vertel ook vir ons hoe hy homself in ‘n job in gecon het by Rolling Stone. Ek het basies by Willim probeer uitvind wat hom inspireer het om WAT, sy podcast, te begin en oor hoe hy te werk gaan met sy podcast.

Jy kan natuurlik subscribe tot die gevaaalik.comedy Podcast op iTunes ook, sowel as op Android devices met die app BeyondPod.

Die week se intro song is Willim Welsyn en die Sunrise Toffies se “‘n Monster Soek Sy Meester” vanaf die album Kompos en Kraai. Jy kan al Willim se musiek koop op sy website.

*Niks wat in hierdie podcast gesê word moet ernstig opgeneem word nie. Name, karakters, besighede, organiesasies, plekke, gebeure en insidente is of die produk van die hosts se verbeelding of word denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkomste tot regte mense, lewendig of dood, gebeure of plekke is heeltemal toevallig. Hierdie podcast is uitsluitlik vir vermaaklikhid gemaak.

You may also like...

1 Response

  1. June 13, 2017

    […] net is Willim Welsyn ‘n rock musician wat live speel nie, hy is ook ‘n podcaster en sekerlik Afrikaans se beste podcaster. Met meer as 100 episodes van sy podcast al soos klokslag […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *