Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com Wêreldspektrum: Colombia

Jis jis akkedis.  Hierdie week se gevaaalik.com Wêreldspektrum gaan oor ‘n interessante land – Colombia, die land van berge, die Amazone, ongelooflike strande en cocaine.

Map

Colombia was die tuiste van ‘n klomp inheemse “bos-mense”, totdat die Spaanse Conquistadors daar ingevaar het en almal vermoor het 1499.  Dit was lyk my mode in daai tyd vir die Spaanse om fucked up goed te doen soos “Kom ons kyk deur hoeveel van hierdie dudes ‘n kannonbal sal gaan” of “Hey! Kom ons martel hierdie ou totdat hy ons smeek om hom dood te maak”.  As jy nie hiervan bewus was nie, gaan kyk gerus na Mel Gibson se Apocalypto.  Daarin wys hulle hoe wreedaardig die Spaanse in daai conquests van hulle was.  Etters.

apocalypto-gibson

Mal (of is dit Mel) Gibson maak net 100% seker dat hierdie ouens NIE jode is nie gedurende die skiet van Apocalypto

Na heelwat twis tussen die Colombians en die Spaanse, is Colombian onafhanklikheid uiteindelik behaal in 1819 onder President Simon Bolivar.  Hy was ook die eerste president van Colombia, en nou is almal seker maar gelukkig.  As jy twyfel, kyk net na hierdie patriotiese kind:

o-COLOMBIA-FLAG-facebook

Colombia is ‘n verskriklike mooi land met ‘n lekker warm en bedompige ekwatoriale klimaat.  Die Amazone oerwoud beslaan ook ‘n groot gedeelte van die land, en apparently is die strande “unbeatable”.  Ek weet nie of hulle dink dat ons wil skaak speel teen die strande of iets nie.

Emerald green rocks line the Columbia River Gorge at Punch Bowl Falls.

‘n Foto van die “Punch Bowl Falls” in Colombia.

Beaches bitches

‘n Dame op ‘n wat verleidelik staar in die kamera. O ja en ‘n daar is ‘n strand agter haar.

Maar kom ek verduidelik gou waarvoor Colombia die bekendste is.  Cocaine (of “kokaiene” met ‘n deelteken op die “i” maar ek kry nie die ALT sequence vir daai outjie nie, so ek stick maar by cocaine) het in 2012 gesorg vir 3% van Colombia se GDP.  Dit is natuurlik ‘n skatting, aangesien hulle SARS nie belasting daarop hef nie en dit teen die wet is.  Die Coca plant is aanvanklik grootendeels in Peru en Bolivia gegroei, waarna dit na Colombia gesmokkel en verwerk is.  Daar was glo ‘n fungus en uitwissing deur die regerings van Bolivia en Peru wat dit stopgesit het.  Die gevolg hiervan was dat die dwelmkartelle grond gekoop het in die suide van Colombia en dit self begin groei het.  Die areas waarin hulle groei word beheer deur gorilla-veggroepe so die regering kom nie so gereeld daar uit nie.

COke ops

‘n Groei-operasie in Colombia. Die blare is van die Coca-plant.

Coke ops 2

Gewapende wagte wat die plantasies patroleer. Hulle slaap nie sommer nie so passop!

Coke

‘n Amerikaner in drag wat hom/haarself terdeë geniet op Cocaine.

Die groot perd van Cocaine was Pablo Escobar.  Pablo is gebore op 1 Desember 1949 as Pablo Emilio Escobar Gaviria.  Hy is op ‘n stadium geag as die rykste en “most powerful” man (en krimineel) ter wêreld.  Hy is verantwoordelik vir TONNE Cocaine wat vanaf Colombia op verskeie maniere versprei is rondom die wêreld.  En as jy in ag neem dat die prys van Cocaine rofweg $100 per gram is, kan mens dit glo.  Veral omdat hy ‘n verslawende produk verkoop het.

Pablo

Ek het Pablo se broer se boek (“Escobar”) gelees op ‘n stadium.  Daarin vertel hy hoe Pablo sy geld gemaak het, die storie van die Medellin Kartel, en hoe hy gesorg het vir die populasie van Medellin.  Hy het glo gesorg vir veiligheid, behuising en kos van die mense aangesien die polisie niks kon uitgerig kry nie.  Miskien was hulle halfpad so korrup soos ons polisie.  Anyways, gaan kry vir jou die boek.  Baie interessante leesstof.

Pablo is na ‘n lang soektog op 2 Desember 1993 dood.  Hy is gejaag deur die Colombian National Police oor die dakke van Medellin en geskiet.  Daar is steeds onduidelikheid oor wie die skoot deur sy kop geskiet het.  Party sê dit is die polisie, en sy familie dink hy het dit self gedoen.  Hoe dit ookal sy, op 2 Desember 1993 was dit neusie verby met Pablo.  Get it?

Snuif-snuif, my storie is uit.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *