Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Foo Fighters – Official Band Announcement

As jy enigsins “musiek nuus” volg dan het jy seker die rumors al gehoor of raak gelees van die Foo Fighters wat gaan opbreek, en Dave Grohl wat gaan solo gaan. Soos met meeste bandwagons spring al die skape mos op sonder om twee keer te dink, en dan help die dom skape ook nog om die rumor mill te fuel.

Foo Fighters

Daarom het die Foo Fighters hierdie video gisteraand release, om die rumors stil te maak. In regte Foo Fighters style spot hulle lekker met almal wat dom gennoeg was om die rumors te glo. Moet nie een van daardie dose wees wat net goed herhaal wat jy op die internet gelees het nie. ‘n Band breek nie op voor die band dit self officially announce het nie. ‘n Band kom ook nie Suid-Afrika toe tot die band self dit officially te announce nie.

“Ja, Dave Grohl is die Foo Fighters en hy is gatvol, so die band gaan opbreek en dan gaan hy solo.”

As jy een van die dom skape is wat die al gesê het, of iets soortgelyk, doen ons almal ‘n guns. Hou jou smoel eerder toe. Ons verkies dit om met mense te praat wat nie net rumors glo en goed opmaak omdat hulle niks anders het om te sê nie.

Goeie werk vir die Foo Fighters met die een.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *