Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Fokofpolisiekar – Komma (musiekvideo)

Daar is min bands soos Fokofpolisiekar wat my emosie al so baie geraak het. Van die vreugde wat goeie musiek wat kan bring, tot die woede help sin maak en selfs die hartseer wat dit kan vorendag bring. “Komma” is een van daardie Fokofpolisiekar songs wat baie knoppe in baie kele gaan veroorsaak. En nou met die Fokofpolisiekar – Komma video gaan nog meer mense dit voel, as net die song hoor.

Fokofpolisiekar - Komma musiek-video

Ek het al “Skynheilig” menigde male live gesien en gehoor hoe die gehoor die lirieke terug sing. Die video vir “Komma” lyk of dit gemaak is van ‘n Kirstenbosch optrede deur Fokofpolisiekar en dit is befok. Maak nie saak wat jy in die lirieke van die song in lees nie, die video sit ‘n ekstra vlak van voel by hierdie song.

Fokofpolsiekar het baie shows wat jy kan bywoon, gaan loer na hul Facebook page vir die details. Vir nou geniet die musiekvideo vir “Komma” en lig jou mening in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *