Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Double whiskey on the rocks vir $200 000

Almal van ons hou van kwaliteit. So ook as dit by ons drank kom. Hier is nou ‘n whiskey vir almal wat regtig grand wil drink: Diamond Jubilee.

Hierdie bottel whiskey kom met twee glase, ‘n kristalkraffie en ‘n boek wat jou alles van hierdie whiskey vertel. En hoeveel sal dit jou kos? Slegs $200 000. Ja, jy’t reg gelees, twee-honderd-duisend dollar. Die whiskey word gedistileer deur Johnnie Walker and Sons en sal een van die dae te koop wees in Singapore teen hierdie belaglike prys. Dit is gemaak ter viering van Elizabeth II se diemantjubileum (fancy woord vir haar sestigste jaar op die troon) en daar gaan daarom slegs 60 bottels gemaak word.

Hoekom Singapoer? vra jy. Wel, dit is die land wat tans die meeste miljoenêrs per kapita het. Hulle is skatryk en nou maak elke fancy juwelier, motorvervaardiger, casino en restaurant ‘n winkel daar oop.

Hierdie whiskey is wel nie die duurste drank wat jy kan koop nie. As $200 K nie vir jou genoeg is nie, is daar altyd die volgende (wat elk meer as $1 000 000 stuk kos):

Dom Perignon Reserve de L’Abbaye 1978
Chateau Cheval Blanc 1986 Imperial
Luzhoulaojiao National Salute

So as jou pa ‘n paar groot pitte het, maak seker jy maak hierdie naweek ‘n draai in Singapoer.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *