Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Rusland erken dat “Fake News” net was om slim mense, van dom mense te help onderskei

Fake news is ‘n term wat net drie jaar gelede glad nie bestaan het nie. Deesdae is Facebook oortrek met fake news artikels en Rusland het gister voorgestel dat jy enige vriende wat fake news deel summier unfriend.

“Ons het tot die konklusie gekom dat meeste van jou “vriende” op Facebook eintlik idiote is. Ons moes ‘n manier kry om mense te help om idiote uit hul lewens te kan sny. Ons het fake news artikels begin versprei omdat ons geweet het net idiote sal die artikels deel. Dus het ons ‘n eenvoudige oplossing gekry om idiote in jou vriendekring te identifiseer.” sê Nep Nieuws, die man in beheer van Rusland se fake news eenheid.

Fake news artikels se storie en opskrifte is gewoonlik so belaglik dat enige persoon met ‘n halwe breinsel sal kan sien dat dit fake news is, sonder om eers die artikel te click. Die rede hoekom hierdie taktiek gebruik word is oorspronklik slegs gewees om clicks te kry na die website, omdat hulle geld maak uit advertensies verkoop gebaseer op die hoeveelheid besoekers wat die site kry. Artikels wat satiries van aard was het die taktiek bekend gemaak, deur websites soos The Onion.

Fake news is toe nie vir die versprei van disinformasie soos oorspronklik gedink nie. Donald Trump het die term “fake news” bekend gemaak tydens die Vereenigde State se presidensiële verkiesing in 2016. Trump het die term gebruik om enige negatiewe artikels van hom af te skiet. Ironies dat die grootste idioot van 2017 die een was wat fake news na die hoofstroom gebring het.

“Die Verenigde State het soos gewoonlik gedink alles gaan oor hulle. Dus het hulle gedink fake news word gebruik vir politieke gewin. Ek wens ek kon die uitdrukking sien op daardie idioot, Donald Trump, se gesig toe hy vertel word dat ons fake news begin het net om die slim mense van die dom mense te skei. Dit draai toe uit dat 99% van die Verenigde State se populasie dom mense is. Natuurlik het ons dit reeds geweet net gebaseer op die feit dat Hillary Clinton en Donald Trump hulle twee presidensiële kandidate was vir hul 2016 verkiesing.” verduidelik Nieuws.

Waar kom fake news vandaan?

Om fake news te versprei in die era van sosiale media is nie moelik nie, aangesien elke idoot ‘n slimfoon of ‘n rekenaar het. Die volume van fake news artikels wat geproduseer moes word het baie mannekrag vereis.

“Ons het geweet idiote kry al hul informasie slegs van opskrifte lees op Facebook, en dus het ons ook geweet dat elke idioot in die wêreld fake news sal deel sonder om die artikel eers te lees. Ons grootste probleem was die honderde-duisende mense wat ons aan die werk moes sit om die belaglike fake news artikels te skryf. Elke idioot het goed waarin hy glo en waaroor hy omgee. Ons moes fake news maak vir elke belangstelling. Dit sou die enigste manier wees om elke idoot te ontbloot vir wat hy of sy is: ‘n idioot.” verduidelik Vladimir Pukin, wat verantwoordelik was vir kies watse fake news stories om te skryf.

Hoe om fake news te identifiseer

As jou IK hoër is as 20 sal jy fake news kan uitken van ‘n myl af deur net die opskrif te lees en te sien van watse website af die artikel kom. As jy ‘n idioot is wat nie meer ‘n idioot wil wees nie kan jy die volgende stappe neem om regte nuus van fake news te onderskei:

  • Lees die hele artikel, nie net die opskrif nie
  • Doen dieper ondersoek oor die website waar die artikel verskyn
  • Doen ondersoek oor die outeur van die artikel
  • Kyk of jy ondersteunende bronne kan vind
  • Kyk objektief na die artikel. Moet nie dat jou eie partydigheid in die pad kom van logiese denke en feite nie
  • Besef dat daar ‘n verskil is tussen satire en fake news
  • Gebruik Google, jou idioot

“Ons het nie fake news begin produseer om mense te bedrieg of mislei nie. Ons het dit 100% gedoen sodat jy kan sien wie jy uit jou lewe moet sny, want as iemand onnosel genoeg is om fake news te share dan sal jy werklik beter af wees sonder daardie mongool in jou lewe. Mens sou sweer mense het nog nooit van Google gehoor nie.” lag Nieuws.

Het jy vriende op Facebook wat idiote is? Laat weet ons in die comments wat die domste fake news artikel is wat ‘n vriend van jou al gedeel het.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *