Die vet weet van Stoute Boudjies
Die vet weet. Wat ‘n snaakse gesegde. Al wat ek dink vet weet, is dat jy te veel eet en te veel niks doen nie. Die vet weet as Stoute Boudjies nie op ‘n Woensdag verskyn nie, dan gaan ek tweets met baie vraagtekens kry by @gevaaalikdotcom.
In ander nuus: Die nuutste episode van die gevaaalik.com Podcast is live! Ons praat oor die voordele van vrouens wat karre was, James Kingston die ou wat tussen geboue rondspring en John Varty wat bietjie gestoei het met ‘n groot kat.
Geniet die week se Stoute Boudjies.
Die gevaaalik.comedy Podcast is die perfekte vermaak vir by die werk skelm luister terwyl jy werk.