Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die innige Zef wat ons trots maak

Zef… ‘n woord wat reeds wye kringe in ons pragtige taal sowel as nasie rond gesweef het. ‘n Innige begeerte van enige Suid Afrikaaner en ‘n obsessie by veral die afrikaanse man. Of jy nou dink jy naai die kat en of jy nou ‘n selfbeeld probleem het, enige bra het ‘n klein bietjie zef in hom. Daai greiseltjie opwinding om poes te skree en daai intieme liefde om teels te smelt… jy weet wat ek bedoel.

Die konsep van Zef is deesdae vreeslik commercial, mense probeer aspris zef wees om eintlik cool te wees…the fucking irony! Die woord het sy geur verloor en alles is ‘n namaaksel van iets wat eens spesiaal en kosbaar was. Ons kan sekerlik “Die Antwoord” bedank vir dit maar hey, tenminste het hulle die woord sowel as die leefstyl op die map gesit.

Ek het gisteraand weer besef wat dit werklik beteken om opreg zef te wees, meteens het ek nostalgies geraak en verlang na die dae toe jy mense beleef het wat opreg zef was. Iets wat sy oorsprong vanuit die hart  vind en dikwels eindig op ‘n teel  gesmeltery, iets onbepland, iets wat jou laat dink “Goeie poes, ek spin my kesaus nou witwarm”. Sommige diere soos Oprah noem dit ‘n “ahaaa” moment, jy sien ‘n “ahaaa” moment is die perfekte voorbeeld van ‘n platoniese-zef aangeleentheid.

Jy wonder seker “rook hierdie skrywer tik, of waaroor gaan sy artiekel nou eintlik? ” kom ek verduidelik vir jou. Ek het gisteraand die geleentheid gehad om iets opreg zef te sien. Die gevoel was onbeskryflik en ek het dadelik begin poesvloek in Swahili (iets wat jy kan doen as jy level 5.23 op die gevaaalikheid skaal bereik ). ‘n Bra wat Scatman op sy acoustic guitar perform en as ek se perform dan bedoel ek dit. (Daar kry ek alweer hoendervleis). Nou, ek praat nie van ‘n kak rip off van die song nie, ek praat van next level to the fucking max awesomeness, iets wat jou half pronkende semi vol bloed pomp, maar wag, die storie raak beter. ‘n Hele crowd wat hulle piele afdans terwyl die bra sy guitar tokkel. Dit was so indrukwekkend dat ek ‘n video clip geneem het, ek sal probeer om die oukie op Youtube te laai vandag.

My finale boodskap aan jou is soos volg (Jerry Springer stem):

Vergeet van die zef dinge wat jou vriend doen, hou op om jou bierman se kind te probeer namaak terwyl hy ‘n kata met sy ninja-swaarde in die agterplaas doen, raak ontslae van al die negatiewe zefgheid in jou en focus op jou innerlike. Jou innerlike sypaadjie-mechanic streke wat smag na nuwe geleenthede om vertoon te word. Maak jou ore doof vir die advies wat jy op tv hoor en staar jouself blind teen iemand wat jou probeer impress om sogenaamde streetcred te verwef.

Laat die ware JY getoonbeeld word, sit jou voete waar jou gedagtes is en smelt alles wat jou hart begeer, skree poes as jy frustreerd raak en soek fights met ou tannies wat die laaste van jou ma se gunsteling lap by die Sjinesewinkel in Centurion gekoop het. Koop weer Quarts, luister techno musiek en verbeel jou jy’s die nuwe straatrapper van Daspoort. Maak visstokke op jou kar se dak vas en dra powerhouse klere, ontdek die ware zef wat jy altyd was en lewe volheid in DIE prag label se stigma…maak ons trots!

Hier onder het ek n paar videos van Scatman vir jou, sodra my video op youtube is, wys ek hom vir jou ook.

Geniet en onthou…hou die knee reguit!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *