Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Daai ou vriend – Call of Duty WWII Private Beta

Sodra daar ‘n nuwe Call of Duty (COD) game aangekondig word is ek altyd skepties. Ons almal weet natuurlik watse kolosale fokops dit die laaste paar keer was. Ek dink ons is verby daai stadium. Dit was COD se rebel tiener jare.

COD het nou groot geword. Hy het besluit om al die weird shit te los en bietjie terug te gaan na sy roots toe. Nou kyk, daar is so paar goed wat nog pla, maar ons gaan later daaroor gesels.

Elke groot COD fan was die naweek vas genael aan sy Xbox. Dit was ons Xbox outjies se beurt (Editor’s note: Die beta was vir alle platforms, nie net Xbox nie) om die COD WW2 Private Beta te speel. Ek het leterlik niks verwag nie, inteendeel het ek gedink dit is net nog ‘n swak poging om een van my gunsteling titles na te maak, Battlefield 1. Was ek verkeerd.

Toe ek my code kry het ek gedink ek gaan net gou so een of twee ure speel om die review te kan skryf, dit was Vrydag aand. Ek het omtrent ‘n marathon sessie gehaat. Sondag aand 23:00 lê ek my controller neer. Beindruk.

Die diepte wat hul in die beta gesit het was great. Dit was nie net ‘n afgewaterded weergawe nie. Alle classes was beskikbaar, vyf verskillende game modes en ‘n hele arsenaal van gewere om van te kies. Al wat Min was, was die maps. Ek verstaan dis ‘n beta, maar ek sou graag meer as vier maps wou speel.

Die gameplay is goed. Niks van die jetpack/space vibes nie. Boots on the ground, old school COD. Dit was lekker. Dit het vir my bekend gevoel, amper soos Modern Warfare 2 se dae. Jy kon jou wapens customize en cool perks unlock soos jy aan gaan.

Elke class het sy eie perks. As jy infantry kies kan jy extra attachments op jou geweer sit. Airborne is gefokus op beweging, jy kan byvoorbeeld langer sprint en vinniger oor voorwerpe spring. Armored class maak jou amper soos ‘n tank. Jy vat minder skade van granades en jy kry ook nie bomskok nie. Mountain division help jou om ‘n bobaas sniper te wees, so jy kan jou asem ophou as jy deur jou scope kyk. Expeditionary is nogal badass. Die eerste vlak van die division gee jou shotgun shells wat ontplof en jou vyand aan die brand steek. Dis nogal brutal.

Dit is die basics van al die divisions/classes. Daar is vele meer. Jy hoef ook nie slegs met daai division se gewere te speel nie. Jy kan mix and match soos jy wil, net die perks is gekoppel aan die division.

Is daar dan niks fout met die game nie? Natuurlik is daar. Daar is so paar negatiewe punte. Die mini map sit links bo en hy werk weird, soms het hy ‘n tipe van ‘n lag gehaat. Die dude lyk of hy blokke vêr van jou af is dan eweskielik verskyn hy voor jou en druk ‘n haelgeweer in jou neus op. Dit het my heavy afgepis. As jy deur jou vesier kyk is die aim nogal swaar. Maak nie saak hoe sensetief jou sticks is nie, as jy scope, beweeg hy dieselfde spoed.

Dit is basies al wat ek negatief kan sê. Ek is seker hul sal dit fix. Aan die begin van die game vra hul nogal mooi dat jy enige issues of requests op hul Reddit thread moet gaan post. Nice.

Ek wou eers nie die vol game gaan koop het nie, maar die beta het my convince. Of ek R1300 vir hom gaan betaal sal my vrou besluit, maar ek is keen. Dit was rerig soos om ‘n ou vriend weer te sien. Nostalgia en herinneringe van die goeie ou dae was die tema van my naweek.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *