Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Crystal Castles vs Skrillex – The Intimate Devil’s Den

‘n Hele ruk terug het ons vir julle Crystal Castles se gevaaalike tune “Baptism” gewys. Ek is ‘n groot fan van Crystal Castles. Oor die algemeen is ek meer ‘n rock en metal ou, maar so nou en dan is ek lus vir party en dancytechnodupstep tunes. Crystal Castles is een van die electro bands wat ek altyd sal luister en Skrillex het ook altyd ‘n plekkie op my mix tape.

Crystal Castles vs Skrillex

Nou het iemand Crystal Castles se “Intimate” en Skrillex se “The Devil’s Den” bymekaar gegooi en ek moet sê ek hou van die resultate. Ek het die outjie vanoggend heelpad kliphard in my kar geluister want vandag voel vir my soos een van daardie party dae! Pump up the volume en begin sommer die party bui nou al op ‘n Donderdag oggend. Wat dink jy van “The Intimate Devil’s Den”?

You may also like...

1 Response

  1. Franco says:

    Baie goeie combo.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *