Chris Cornell you will be missed

Ek skryf nie gewoonlik hierdie eulogy tipe posts nie. Tog het party mense net so groot versameling van werk, dat ek dit nie net kan ignore as ons hoor daar gaan niks meer van daardie persoon kom nie. Chris Cornell is een van hierdie mense.

Chris Cornell

Chris Cornell was deel van die pioneers van grunge musiek. Grunge is ‘n genre waarby ek nogaltyd baie aanklank gevind het. As dit nie vir Chris Cornell en Soundgarden was nie, dan sou ons tien teen een nie vir Pearl Jam, Nirvana of Alice in Chains gehad het nie. Dan ook nog Audioslave saam met die ouens van Range Against the Machine, die eerste super group wat ek na geluister het, en ook een van die min super groups wat briljante musiek gemaak het.

Chris Cornell is een van my gunsteling vocalists, en al het ek na die James Bond theme song gevoel dat solo Chris bietjie te veel van ‘n drama queen was, kon ek nogsteeds nie stry met die feit dat sy vocals ongelooflik goed is nie.

Chris Cornell is gisteraand op die ouderdom van 52 oorlede, volgens sy verteenwoordiger. Hy was op toer saam met Soundgarden.

En as jy al Westworld gekyk het, dan het jy hierdie weergawe ook al gehoor. “Black Hole Sun” is al 23 jaar oud en het ‘n kulturele impak gemaak.

Dan natuurlik “Cochise” van Audioslave. Ek sal nooit vergeet toe ek die eerste keer daardie opening riff gehoor het nie en Chris se crazy howl wat bo die musiek uitbreek: “Well, I’ve been watching, while you’ve been coughing. I’ve been drinking life, while you’ve been nauseous.”

Chris Cornell you will be missed.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *